SuperSport Schools Plus

Vrystaat kampioen van Saru Sewes in Durban

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-10-02

Die Vrystaat is die nuwe kampioen van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se interprovinsiale sewestoernooi. Die span het op Durban High School se velde in die Hawestad die Blou Bulle met 35-12 oortuigend in die eindstryd die loef afgesteek. 

Die Vrystaters se Henk Cilliers het die toernooi as die voorste driedrukker asook puntemaker afgesluit. Cilliers het 43 punte aangeteken wat sewe driee ingesluit het. Die Griffons se Andrew Kota het met 32 punte die tweede meeste punte tydens die toernooi opgestapel. 

Twee driee elk deur Keaton Swart en Arno Niewoudt in die tweede helfte van die eindstryd het die titel vir die Vrystaters besorg. Die Vrystaat het met die omdraaislag ‘n skrale voorsprong van 7-5 geniet. Die Ligbloues se sleutelspeler, Diego Appollis, is vroeg in die tweede helfte koelkas toe gestuur wat vir sy span se aanslag ‘n terugslag was. 

Die Westelike Provinsie wat daarna gemik het om vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen gekroon te word het in die kwarteindronde teen die gasheer, KwaZulu-Natal (7-17), vasgeval. Die Streeptruie het wel in sy groepwedstryd in ‘n taai kragmeting vir Vrystaat met 19-12 getroef. 

WP se Muller du Plessis moes hom reeds na sy span se eerste twee groepwedstryde weens ‘n besering aan sy bobeen aan die toernooi onttrek. Die Suid-Afrikaanse Skole-vleuel was verlede jaar die voorste driedrukker op die toernooi. 

Die Vrystaat het in sy ander twee groepwedstryd vir Griekwas (43-14) en Namibie (38-5) uit die pad gestamp. In die kwarteindronde het Vrystaat die Goue Leeus met 19-12 getroef. Hy het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 24-17 oor KwaZulu-Natal bespreek. 

Die Blou Bulle het sy halfeindstryd teen Boland met 26-21 uit die stryd getree. Die Goue Leeus het die Griffons naelskraaps met 15-14 in die eindstryd van Plaat verslaan. 

Dit is die Vrystaat se tweede titel as kampioen van die kompetisie na hy ook in 2012 die kroon gedra het. Die ander twee titels sedert die ontstaan van die toernooi in 2011 is deur die Blou Bulle (2011) en die Valke (2013) verower. 

Al die uitslae: 

Groep A: Free State 43, Griqualand West 14; Western Province 29. Namibia 7; Griqualand West 17, Namibia 0; Western Province 15, Free State 12; Western Province 19, Griqualand West 10; Free State 38, Namibia 5.

Groep B: Griffons 33, Valke 17; Eastern Province 28, South Western Districts 0; Griffons 21, South Western Districts 19; Valke 28, Eastern Province 20; Griffons 19, Eastern Province 17; Valke 27, South Western Districts 17.

Groep C: Boland 19, Leopards 14; Blue Bulls 21, Border 19; Boland 26, Border 12; Leopards 24, Blue Bulls 17; Border 31, Leopards 7; Blue Bulls 29, Boland 5.

Groep D: Golden Lions 21, Sharks 14; Limpopo Blue Bulls 24, Pumas 19; Golden Lions 20, Limpopo Blue Bulls 5; Sharks 22, Pumas 7; KwaZulu-Natal 36, Limpopo Blue Bulls 10; Golden Lions 17, Pumas 12.

Kwarteindstryde – Bowl: Pumas 22, Griekwas 12; Namibie 28, Limpopo Blou Bulle 26; Luiperds 21, Oostelike Provinsie 7; Grens 31, Suidwestelike Distrikte 7. Beker: KwaZulu-Natal 17, Westelike Provinsie 7; Vrystaat 19, Goue Leeus 12; Boland 24, Griffons 12; Blou Bulle 24, Valke 19.  

Halfeindstryde – Skild: Limpopo Blou Bulle 17, Griekwas 14; Oostelike Provinsie 29, Suidwestelike Distrikte 10. Bowl: Pumas 35, Namibie 17; Grens 36, Luiperds 17. Plaat: Goue Leeus 24, Westelike Provinsie 5; Griffons 24, Valke 10. Beker: Vrystaat 24, KwaZulu-Natal 17; Blou Bulle 26, Boland 21. 

Eindstryde – Skild: Oostelike Provinsie 49, Limpopo Blou Bulle 24. Bowl: Grens 38, Pumas 12. Plaat: Goue Leeus 15, Griffons 14. Beker: Vrystaat 35, Blou Bulle 12. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.