SuperSport Schools Plus

Voortrekker het moeilike eerste hekkie teen Helpmekaar

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-03-01

VoortrekkerDie kampioenskool van die Wesgrow-reeks, Bethlehem Voortrekker, sê vandag op sy tuisveld die naaswenner van die Virsekerbeker se Beker-kompetisie, Helpmekaar-kollege, in albei spanne se openingswedstryd van die seisoen die stryd aan. Die Trekkers het ‘n gedugte span, maar hul deugde sal behoorlik deur Helpies op die proef gestel moet word. 

Al die wedstryde op die A-veld word regstreeks op TrekkerTV via die DigiTV.co.za platform uitgesaai. Die eerstespanne draf om 14:00 op. 

Die twee spanne het mekaar ses jaar gelede laas gepak met Voortrekker wat op daardie dag baas was. Helpies beskik vanjaar weer oor ‘n span wat nie sonder handskoene aangepak kan word nie. Die span se linkervleuel, Christiaan Bezuidenhout, sal graag op sy vertonings van verlede jaar wil voortbou. Hy het verlede jaar die rekord vir die meeste drieë in ‘n seisoen vir die skool se eerstespan agter sy naam geskryf. 

Bezuidenhout beskik oor hope vaart en weet net hoe om teenstanders se verdedigers te vermy. 

Helpies se binnesenter, Frans Weideman, en die losskakel, Tiaan Botes, sal die planmakers agterlangs wees. Weideman sal deur die Trekkers se senterpaar, Duncan Amsterdam en Frans Postma, fyn dopgehou moet word. Amsterdam en Postma het verlede jaar reeds Voortrekker se middelveld beman. 

Die twee spanne se losskakels, Cammi Roux (Voortrekker) en Botes, sal ook in ‘n hewige tweestryd gewikkel wees. Botes was verlede jaar reeds een van Helpies se staatmakers, terwyl Roux hom ook self al as sy span se generaal bewys het. 

Die spanne is: 

Voortrekker: 15 Jan du Toit, 14 Robin Fredericks, 13 Frans Postma,12 Duncan Amsterdam, 11 Peter Motloung, 10 Cammi Roux, 9 Eddie Jackson, 8 Beast Mofokeng, 7 Estian Louw, 6 JP Bertram, 5 Terches Linde, 4 Steyl Barnard 3 Warren Louw, 2 Daniel Maeder, 1 Kamshen Moss.

Helpmekaar: 15 Melbirt van der Spuy, 14 Emillo Bento, 13 Divan Esterhuizen, 12 Frans Weideman, 11 Christiaan Bezuidenhout, 10 Tiaan Botes, 9 Kuene Kirkham, 8 Zander du Toit, 7 Nicholas Jordaan, 6 Tyler Skudder, 5 Jean Slabbert, 4 Brink Marx, 3 Luke Underhay, 2 Ricardo van der Merwe, 1 Brandon Bouwer. 

Ad DigiTV

[powr-comments id=”a321cbc7_1551502384077″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.