Voortrekker druk vroeg-vroeg stempel af

Na verlede jaar se triomf met twee doele, het Voortrekker Hoërskool vanjaar gemaklik met 46-33 as oorwinnaars uit die stryd getree in die eerste wedstryd van Wesgrow Sentrale Sportreeks teen Hoërskool Diamantveld.
Dit was vanuit die staanspoor duidelik dat Voortrekker ‘n krag gaan wees om mee rekening te hou, aangesien hulle blitsig beheer oor die wedstryd geneem en reeds in die eerste kwart met 10-7 voorgeloop het.
Ten spyte van Diamantveld se dapper pogings om terug te kom in die stryd, het Voortrekker hul greep regdeur die wedstryd verstewig en hul voorsprong met elke kwart vergroot, om teen rustyd met 20-13 voor te loop.
Die derde kwart het geen blaaskans vir Diamantveld gebied nie, met Voortrekker wat hul snelle pas gehandhaaf het om 14 verdere doele by hul telling te voeg, teenoor Diamantveld se nege. Dit het die telling teen die einde van die derde kwart op 34-24 te staan gebring
Voortrekker se spelers het inderdaad uitsonderlike vaardighede en spanwerk tentoongestel, om hul uiteindelike oorwinning van 46-33 te beklink. Dit span van Bethlehem gaan moeilik getroef word vanjaar.




