SuperSport Schools Plus

Vier Hansies in Hansieweek-toerspan

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-04-06 Tags: , , , , , , , , , , ,

FOTO: Marius Nortjé.

Saterdag was ‘n geskiedkundige dag vir Hoërskool Hans Strijdom, wat vir die eerste keer in 19-jaar, as gasheer, die Mauritz Hansen Rugbyweek kon wen. Dié sege het ‘n selfs soeter nasmaak vir agtsteman, Kian du Plessis, en die veelsydige voorryman, Willie Vermaak.

Herleef al die Hansieweek aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Albei dié Hansies het die Hansieweek se span van die week gehaal vir hul uitstaande vertonings oor die drie dae se rugbyaksie. Du Plessis is boonop as speler van die toernooi aangewys.

Loskopstut, Alwyn Geyser, en kaptein en oopkantflank, Janneman Benson, is ook ingesluit in die toergroep van 25 spelers, om ‘n impak vanaf die plaasvervangerbank te maak. Dit beteken dat die “Leeus van die Noorde” die meeste verteenwoordigers (4) in die Hansieweek-span het.

Die naaswenners, Hoërskool Frikkie Meyer, pronk self met drie lede in die toergroep. Heelagter, HP van Heerden, ‘n angel op die aanval met sy giftige dartellopies, word vergesel deur die woelwaterflank, Keanu Visser, en loskopstut, Herman Prinsloo, wie se kragtige skrumwerk tot sy insluiting in die span gelei het.

Arné Marais, Hoërskool Hugenote van Springs se ramkat-flank, is in die nr. 6-trui aangewys, terwyl nóg twee Hugies, Luan Smit en Dylan Nel, ook die toerspan gehaal het. Marais se teenwoordigheid, vernaam op verdediging, sal die lewe vir Nortchliff High School se uithaler-losskakel, Matthew Hunt, aansienlik makliker maak.

Hunt is een van twee Northcliff-verteenwoordigers in die span, met slot, Declan Diesel, wat die vuur voorlangs kan aansteek met sy fisiekheid en hoë werkverrigting. Senter, Ashwin Cox, wat verlede jaar WP se Akademieweekspan gehaal het, en die staatmaker-flank, Steven Steyl, dra die vaandel vir Hoërskool Belville.

Die toerspan:

15 HP van Heerden (Frikkie Meyer), 14 Riaan Schoeman (Hoërskool Brits), 13 Louhan Noeth (Kalahari), 12 Ashwin Cox (Hoërskool Bellville), 11 Vuyani Tshabalala (Hoërskool Piet Retief), 10 Matthew Hunt (Northcliff), 9 Jayden Mostert (Hoërskool Alberton), 8 Kian du Plessis (Hans Strijdom), 7 Keanu Visser (Frikkie Meyer), 6 Arné Marais (Hugenote), 5 Herman du Preez (Hoërskool Alberton), 4 Declan Diesel (Northcliff), 3 Jaydon Taljaard (Frans du Toit), 2 Abriano de Vries (Kalahari), 1 Willie Vermaak (Hans Strijdom). Plaasvervangers: 16 Luan Smit (Hugenote), 17 Herman Prinsloo (Frikkie Meyer), 18 Alwyn Geyser (Hans Strijdom), 19 Steven Steyl (Hoërskool Belville), 20 Janneman Benson (Hans Strijdom), 21 Jaden Kleyn (Jeugland), 22 Kyle Stock (Hoërskool Piet Retief), 23 SW van Heerden (Kalahari), 24 J Noeth (Kalahari), 25 Dylan Nel (Hugenote).

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.