Valia-gees vier hoogty op die netbalbaan

Onder leiding van mev. Anneli Botes het Transvalia se eerste span in 2025 nie net alles uitgehaal op die netbalbaan nie, maar as ‘n groep ook nader aan mekaar gegroei.
Elke kragmeting was ’n geleentheid om hul Valia-gees te wys — met passie, vasberadenheid en ’n onwrikbare trots in hul skoolkleure.
Goeie Hoop in die Kaap
Die Kaap-toer was ongetwyfeld die hoogtepunt van Valia se seisoen. In ’n dramatiese wedstryd teen Montana het Transvalia tot die bitter einde toe aanhou veg — eers bykomende tyd, toe uitklop — om uiteindelik met twee punte te seëvier. Dit was ’n vertoning wat ware karakter uitgebeeld het, en een wat lank onthou sal word.
By die NWU-reeks het die span ’n indrukwekkende derde plek behaal, ná ’n kragtige vertoning teen Rustenburg. Die Sedibeng-uitspeelronde teen Dr Malan het nog ’n naelbytstryd afgegee, met Transvalia wat met 18–17 die pyp gerook het het.
Groei en ontwikkeling
Gedurende die seisoen het die span merkwaardig as eenheid ontwikkel. Hulle het mekaar ondersteun, verantwoordelikheid geneem en gewys wat dit beteken om vir mekaar en vir Valia te speel. Van die voorseisoen se fiksheid en krag, tot die seisoen se beslissende wedstryde, waar aanval en verdediging op hul beste was, het Transvalia deurgaans verbeter en voluit gespeel.
“Ek is ongelooflik trots op elke speler,” sê mev. Botes. “Ons het wel nie al ons wedstryde gewen nie, maar ons het altyd as ’n span opgetree — met trots, gees en hart.”
Uitslae
Rhodes-toernooi:
Wen 37–27 teen Bloemhof
Verloor 22–25 teen Dinamika
Verloor 25–38 teen Menlopark
Wen 31–26 teen Rustenburg
Verloor 22–38 teen Paarl Gim (kwartfinaal)
Wen 39–29 teen Waterkloof
Wen 43–41 teen Montana
➡️ Eindig 5de algeheel
NWU-liga:
Wen teen Rustenburg
➡️ Eindig 3de algeheel
Sedibeng-liga:
Gelykop 28–28 teen Dr Malan
Wen 59–10 teen Overvaal
Verloor 27–30 teen Volkskool
Wen 52–8 teen Vereeniging Gim
Wen 33–18 teen Driehoek
Uitspeelrondte: Wen 18–17 teen Dr Malan
Gauteng-kampioenskappe:
Wen 40–11 teen Tswelopele
Verloor 18–28 teen Noordheuwel
Verloor 12–33 teen Affies
Wen teen Kemptonpark
Verloor 23–27 teen Monument
Verloor 23–27 teen St Mary’s
➡️ Eindig 12de algeheel (Heidelberg Volkskool 13de)
- Georgia Leppan: A rising star with big dreams - 2025-11-06
- Valia-gees vier hoogty op die netbalbaan - 2025-11-05
- Micah Labuschagne: Vuur en vlam, dog kalm - 2025-10-31




