SuperSport Schools Plus

Valia, Dokkies speel gelykop, Heidelberg Volkies dril vir Driehoek

By Shane Labuschagne , in Netball | News , at 2025-05-08 Tags: , , , , ,

Twee bepalings in die Sedibeng-liga is onlangs afgehandel toe Heidelberg Volkskool teen Hoërskool Driehoek te staan gekom en Dr Malan met Hoërskool Transvalia kragte gemeet het.

Heidelberg Volkies het hul besoek aan Driehoek met groot selfvertroue aangepak en verskeie oorwinnings regdeur die ouderdomsgroepe behaal. Hul spanne het deur die bank beïndruk met hul samespel en afronding op die baan.

Die o.19A- en o.17A-span het altwee oortuigende oorwinnings behaal, met die eerstes wat met 32-11 geseëvier het. Driehoek het wel in die o.14A-afdeling daarin geslaag om met 11-11 gelykop te speel, wat hul veerkragtigheid en veggees tentoongestel het.

Die wedstryde tussen Transvalia en Dr Malan het ook vir hope opwinding gesorg. Die eerstes was in ‘n nek-aan-nek-stryd gewikkel wat uiteindelik met 28–28 gelykop geëindig het.

Transvalia het die botoon gevoer in die o.17A- en o.16A-afdeling, terwyl Dokkies met puik strategiese spel die oorhand in die o.15A- en o.14A-wedstryd bewerkstellig het.

Uitslae:

HS Driehoek vs Heidelberg Volkskool (24 April 2025)
o.19A: Driehoek 11, Heidelberg Volkskool 32
o.17A: Driehoek 6, Heidelberg Volkskool 35
o.16A: Driehoek 12, Heidelberg Volkskool 27
o.15A: Driehoek 15, Heidelberg Volkskool 23
o.14A: Driehoek 11, Heidelberg Volkskool 11

HS Transvalia vs HS Dr Malan (6 Mei 2025)
o.19A: Transvalia 28, Dr Malan 28
o.17A: Transvalia 25, Dr Malan 12
o.16A: Transvalia 27, Dr Malan 11
o.15A: Transvalia 12, Dr Malan 25
o.14A: Transvalia 13, Dr Malan 22

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.