SuperSport Schools Plus

Uppies en Velties beïndruk op Clover Sportdag

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-03-09

As mens na die twee vernaamste voederskole van Griekwa-platteland se Cravenweek-span, die Hoërskool Upington en Duineveld, se vertonings op die Hoërskool Fichardtpark se Clover Sportdag kyk, behoort die unie vanjaar een van sy beter spanne van die afgelope paar jaar na die toernooi te stuur.

Uppies het veral in hulle sege van 36-13 oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad beïndruk. Die span se heelagter, Benna Nieuwoudt, se vertoning was waarskynlik die beste deur ‘n speler op die sportdag. Hy het amper na willekeur verby verdedigers geglip en hulle met sy vinnige voetwerk gefnuik. Hy het egter met sy stelskopwerk op die nat veld gesukkel.

Die span van Upington se hele agterlyn was op sy stukke. Die senter, Gert Ruping en vleuel Sheldon Losper, verdien egter om genoem te word. Losper het sy span se eerste drie vanaf ‘n onderskep vanuit sy eie halfgebied gedruk. Voorlangs het Uppies se SA Skole-flank, Cobus Wiese, ook goeie spel gelewer.

Vir Rooiskool het sy slotpaar, Ettienne O’Donovan en Mechiel Bosman, voor die pap dik aangemaak.

Duineveld het ‘n gedugte pak voorspelers met veral die slot en kaptein, Adriaan Burger, flank Erik Jordaan en haker Dolf Zandberg wat baie spanne nog problem vanjaar gaan besorg. Velties het die Hoërskool Grens met 15-12 geklop.
Goudveld-Hoërskool het hom met 24-12 teen Marlow Landbou se Wolramme vasgeloop. Gouties se agtsteman, Pietman Kotze, en senter Jonathan April, se vertonings was die ligpunte in die nederlaag. Vir die Wolramme was hulle losskakel, Gerhard Potgieter, uistaande.

Sand du Plessis het vir Hangklip van Queenstown met 15-13 uitoorlê. Riebeeckstad het hom met 37-0 teen Burgersdorp vasgeloop, terwyl President Steyn vir Aliwal-Noord met 24-12 geklop het. Vir Steyners wassy haker Melvyn Marais, flank Fanie Griesel, slot Janco Nel en skrumskakel, Fanie van Heerden, staatmakers in die kragmeting.

De Aar se vleuel, Chadley Meyer, het met ‘n driekuns aan drieë sy span tot ‘n oortuigende sege van 43-7 oor Zastron gehelp. Jim Fouché het gesukkel teen Voortrekker van Bethlehem in hulle interskole, maar steeds daarin geslaag om met 17-15 as oorwinnaars van die veld te stap. Vir JF was sy flank, Hanno Spies, sy beste speler op die dag.

Bothaville was te sterk vir Hoërskool Bloemfontein en het hulle wedstryd met 57-0 gewen. Die span se slot, Wian Nell, was as speler van die wedstryd aangewys. Agterlangs verdien die heelagter, Paul Roux, ook om vermeld te word.

Bultfontein het Stella met 26-7 getroef, terwyl Brandfort met 17-8 teen Hoërskool Middelburg van die Oos-Kaap vasgeval het. Kalahari van Kuruman het in die hoofwedstryd van hulle jaarlikse sportdag vir Postmasburg met 34-5 verslaan. Reitz was in die hoofwedstryd van Hoërskool Parys se sportdag teen die gasheer in aksie. Die span van die Riemland was met 17-8 baas.

Puntemakers: 

Marlow Landbou 24 (12) – Drieë: Stefan Botes, Charl du Plessis, NJ Oosthuizen, Gerhard Potgieter. Doelskoppe: Potgieter (2). Goudveld-Hoërskool 12 (7) – Drieë: Albert Bezuidenhout, Pietman Kotze. Doelskop: Ruben Abrahams. 

Hoërskool Upington 36 (17) – Drieë: Sheldon Losper (2), Cobus Wiese (2), Gustav Loots, Gert Ruping. Doelskoppe: Benna Nieuwoudt (3). AHS Kroonstad 13 (3) – Drieë: Roland Molentse, Harold Hills. Strafdoel: Corné Cooper. 

Duineveld 15 (8) – Drieë: Erik Jordaan, Dolf Zandberg. Doelskop: Ruan Matthews. Strafdoel: Matthews. Hoërskool Grens 12 (5) – Drieë: Geraldo Joseph, Glen Filtoor. Doelskop: Reichardt Knoetze. 

Sand du Plessis 15 (12) – Drieë: Lanze Botha, Hennie Venter. Doelskop: Corné Lubbe. Strafdoel: Lubbe. Hangklip 13 (10) – Drie: Brent Fields. Doelskop: JJ de Wet. Strafdoele: De Wet (2). 

President Steyn 24 – Drieë: Fanie Griesel (2), Ryno Nyce, Jacques Scheepers. Doelskoppe: Griesel, Kobus van Tonder. Aliwal-Noord 12 – Drieë: Inus de Bruyn, Thembalethu Kojana. Doelskop: Kyle Greyvenstein. 

Jim Fouché 17 – Drieë: Tiaan Schutte, Hanno Spies. Doelskoppe: Poena Pretorius. Strafdoel: Pretorius. Voortrekker 15 – Drieë: LJ Louwrens, Anthony Carpentiero. Doelskop: Carpentiero. Strafdoel: Carpentiero. 

Bothaville 57 (24) – Drieë: Wian Nell (2), Hanco van Aswegen, Drikus Klopper, Riaan Badenhorst, Thato Mojaki, Carlo Kleynhans, Armand van der Merwe. Doelskoppe: Kleynhans (6). Hoërskool Bloemfontein 0

Bultfontein 26 – Drieë: Desmond Grobler, Tefello Ramathello, Jopie Taljaard, Armand Kuhn. Doelskoppe: GJ van Eeden (2). Stella 7

Kalahari 34 – Drieë: Erlu Jonck (2), Jan-Hendrik Deetlefs, Kylan Griqua, Phillip Greeff. Doelskoppe: Griqua (2), Jano Joubert. Postmasburg 5

De Aar 43 (31) – Drieë: Chadley Meyer (3), Michael Naudé, Boan Venter, Justin Petersen, Jaco Fourie. Doelskoppe: Didi Fourie (4). Zastron 7 (0)

Brandfort 8 – Drie: Hanno Terblanche. Strafdoel: Henco de Wet. Hoërskool Middelburg (Oos-Kaap) 17.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.