Tuks Skolereeks Bepalings 2014
Die verdedigende kampioen van die Tuks-reeks, HTS Middelburg het ‘n steil pad wat in 2014 voor hom in die kompetisie le indien hy sy titel suksesvol wil verdedig. Die Rooibulle kom teen EG Jansen van Boksburg, Vereeniging Gimnasium en Centurion in sy drie groepwedstryde te staan. Die span van Boksburg het verlede jaar die kroon as kampioen van die Beeld-trofee vir Makroskole gedra.
HTS Middelburg het verlede jaar vir EG Jansen in die kwarteindstryd van die NuPower/Tuks-reeks 15-12 geklop. Die kompetisie se naam het na verlede jaar na net die Tuks Skolereeks verander. Centurion behoort vanjaar soos verlede jaar ook weer ‘n bulspan in die veld te stoot. Vereeniging Gimnasium het in 2013 vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem.
HTS Middelburg het verlede jaar vir Hoerskool Nelspruit 19-14 in die eindstryd verslaan. Nelspruit is vanjaar saam met Garsfontein, Florida en Marais Viljoen in ‘n groep geloot. Die span sal veral in die wedstryd teen Garsfontein behoorlik op die proef gestel word.
Die kwarteindstryde sal op 12 April op onderskeidelik Kemptonpark en Florida plaasvind. Groep A en C se spanne sal mekaar in Kemptonpark die stryd aanse, terwyl Groep B en C mekaar in Florida sal pak. Die halfeindstryde word op 26 April beslis. Die kampioen van die reeks sal op 10 Mei op die LC de Villiers-stadion in Pretoria gekroon word.
Monument van Krugerdorp behoort ook ‘n sterk aanspraakmaker op vanjaar se titel te wees. Die span moet Rustenburg, Klerksdorp en Kemptonpark troef om bo-aan sy groep te eindig. Die Wit Bulle skop hulle aanslag op die titel teen Hoerskool Klerksdorp af.
Die groepe is:
Groep A: Monument, Rustenburg, Klerksdorp, Kemptonpark.
Groep B: Ermelo, Pietersburg, Eldoraigne, Transvalia.
Groep C: Nelspruit, Garsfontein, Marais Viljoen, Florida.
Groep D: HTS Middelburg, EG Jansen, Centurion, Vereeniging Gimnasium.
Die bepalings is:
8 Maart 2014
Rustenburg vs. Klerksdorp
Ermelo vs. Pietersburg
Eldoraigne vs. Transvalia
Vereeniging Gimnasium vs. HTS Middelburg
EG Jansen vs. Centurion
15 Maart 2014
Monument vs. Klerksdorp
Kemptonpark vs. Rustenburg
Pietersburg vs. Transvalia
Eldoraigne vs. Ermelo
Nelspruit vs. Garsfontein
Marais Viljoen vs. Florida
HTS Middelburg vs. Centurion
EG Jansen vs. Vereeniging Gimnasium
20 Maart 2014
HTS Middelburg vs. EG Jansen
Centurion vs. Vereeniging Gimnasium
21 Maart 2014
Rustenburg vs. Monument
Klerksdorp vs. Kemptonpark
22 Maart 2014
Pietersburg vs. Eldoraigne
Transvalia vs. Ermelo
Florida vs. Nelspruit
Garsfontein vs. Marais Viljoen
26 Maart 2014
Monument vs. Kemptonpark
27 Maart 2014
Garsfontein vs. Florida
28 Maart 2014
Nelspruit vs. Marais Viljoen
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16