Trekkers trek weg met sege oor Rooies in Griffon-liga
Goudveld-Hoërskool het volpunte vir sy sege van 23-0 oor Hentie Cilliers van Virginia verdien, maar die span van Welkom se afrigters sal nie tevrede met die span se vertoning voel nie. Gouties kon teen rustyd slegs ‘n voorsprong van 8-0 geniet.
Puntemakers:
Voortrekker 33 (14) – Drieë: Pieter-Schalk Nel, Marius van der Schyff, Johnny Scholtz, AB Vermaak. Doelskoppe: Cammy Roux (2). Strafdoele: Roux (3). AHS Kroonstad 25 (12) – Drieë: Lucian Bekker (2), Joos Theron, Franna van Niekerk. Doelskop: Tarzan Binnedell. Strafdoel: Binnedell.
Goudveld-Hoërskool 23 (8) – Drieë: Derik Prinsloo (2), Leonard Jacobs, Rian Olivier. Strafdoel: Ruben Liebenberg. Hentie Cilliers 0.
Welkom Gimnasium 58 (22) – Drieë: Marno April (4), Christo Steyn (2), Keke Morabe, Waldo Swartz, Georgen Kiewiet, Morné Mastriet. Doelskoppe: FC du Plessis (2), Marchall Andrews (2). Wilgierivier 5 (0) – Drie:




