SuperSport Schools News

Trekkers en Welkom Gimmies skop Griffon-liga met klinkende seges af

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-04-23

NewsG DJHattinghDie eerste rugbyspan van die Hoërskool Witteberg het sy spiere behoorlik in die tweede helfte van sy eerste ligawedstryd in vanjaar se Griffon-liga teen Hentie Cilliers van Virginia gebult.

Witteberg het die wedstryd met 38-22 na hy teen rustyd met 12-17 agter geloop het. Die wenspan se buitesenter, Quinten Mostert, het uitmuntend vertoon en was sonder twyfel sy span se beste speler op die veld.

Hy is goed agterlangs deur die skrumskakel, Erhard Bubb, bygestaan. Voorlangs kan die agtsteman, Louis Oosthuizen, flank ST Meiring en haker, Arno du Plessis, meer as hulk ant gebring.

Witteberg het skitterend spel in die tweede helfte opgedis. Die span het sy vertoning se tempo gelig. Hy het ook heelwat geleenthede in die eerste helfte om te gaan druk verbrou. Die flank Theuns Filmalter verdien ook lof vir die spel wat hy in die tweede helfte gelewer het.

Vir Hentie Cilliers het sy flank en kaptein, Jaco Vermeulen, asook die agtsteman, Jon-David Duthie, voorlangs uitgeblink. In die agterhoede verdien die losskakel, Dealin Jafta, en vleuel Heinke Meyer ‘n klop op die skouer. Meyer het twee van sy span se vier drieë afgerond.

Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad het op sy tuisveld teen Goudveld-Hoërskool gewys dat hy nie sommer afgeskryf kan word nie. Rooiskool het die kragmeting met 49-21 gewen.

Die span het verlede jaar vir die eerste keer sedert 1992 teen Gouties vasgeval, maar het Saterdag die bordjies behoorlik verhang. Die Rooies se kaptein en flank, DJ Hattingh, het twee keer aggter die doellyn gaan kuier.
In die agterhoede het die heelagter, Brendan van der Walt, en die binnesenter, Martin Heyns, uitstekend vertoon. Die haker, Valie Wiggens, was soos gewoontlik woelig, terwyl die agtsteman, Marius Liebenberg, ook die veld vol gespeel het.

Rooiskool is tydens die skoolvakansie as kampioen van die Nashua-rugbyweek in Vryheid gekroon na hy Kingsway High met 44-8 verslaan het. Die span van Kroonstad het Maritzburg College XV-tal (24-18) en Affies van Pretoria (18-16) in sy ander twee wedstryde tydens die toernooi verslaan.

Goudveld sal nie tevrede met hul vertoning teen Rooiskool wees nie. Daar kan dus verwag word dat die span veel sterker sal terugkom.

Voortrekker van Bethlehem en Welkom-Gimnasium het albei weghol-seges in hulle onderskeie wedstryde teen HTS Welkom en HTS Sasolburg.

Die Trekkers het die Tekkies van Welkom met 69-3 kaf gedraf. Die span van Bethlehem het teen die omdraaislag reeds ‘n stewige voorsprong van 33-3 opgebou.

Die span buitesenter, Pieter van Zyl, het ‘n skitterende wedstryd beleef en ‘n driekuns aan drieë behaal. Die sterk voorryman Francois Klopper het gewys hoekom hy so hoog aangeslaan word. Klopper het reeds aanbiedinge van die Sharks asook die Bulle ontvang. Die slot Regard Smalberger en flank Stefan van Rooyen het ook goeie wedstryde beleef.

Agterlangs het die binnsenter, Luan Kruger, ‘n hele paar manne in hul spore op verdediging gestuit, terwyl die vleuel Marcel Engelbrecht twee mooi drieë afgerond het.

Die verdedigende kampioen, Welkom-Gimnasium, het geen genade vir die Spanners betoon nie en met die telbord op 72-5 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se haker, Dillon Minnaar, en vleuel Francois Maree het albei drie keer agter HTS Sasolburg se doellyn gaan kuier. Gimmies het 14 drieë in die sege ingeryg.

Puntemakers:

Witteberg 38 (12) – Drieë: Quinten Mostert, Louis Oosthuizen, Theuns Filmalter, Shaun Lubbe, Erhard Bubb, Arno du Plessis. Doelskoppe: George Spershott (4). Hentie Cilliers 22 (17) – Drieë: Heinke Meyer (2), Sibabalwe Sooi, Austine Adams. Doelskop: Dealin Jafta.

Voortrekker 69 (33) – Drieë: Pieter van Zyl (3), Marcel Engelbrecht (2), André Kirchner, Luan Kruger, Regard Smalberger, Mota Wessels, Pieter-Schalk Nel, Evan van der Merwe. Doelskoppe: Louis Viljoen (7). HTS Welkom 3 (3).

Welkom-Gimnasium 72 (32) – Drieë: Dillon Minnaar (3), Francois Maree (3), Keith van Aswegen, Ulrich Stander, JW Viljoen, Georgen Kiewiet, Virlyn van Vollenhoven, Brandon Botha, Jason Wagman, Hoesein Banzi. Doelskop: Keith van Aswegen. HTS Sasolburg 5 (0) – Drie: JC Schultz.

AHS Kroonstad 49 (21) – Drieë: DJ Hattingh (2), Lihan Potgieter, Marius Liebenberg, PC van Rooyen, Wayne Engelbrecht, André Grant. Doelskoppe: Brendan van der Walt (7). Goudveld 21 (7) – Drieë: Derick Prinsloo, Jubaren Adriaan, Luan van Heerden. Doelskoppe: Zane Vorster (3).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.