Titaniese stryd tussen Potch Gimmies en Midstream College Saterdag in SDC Noordvaal Cup

Daar kan Saterdag ‘n titaniese stryd tussen Potchefstroom Gimnasium en Midstream College in die halfeindronde van Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup verwag word.
Potch Gimmies is op sy tuisveld en het vanjaar reeds gewys dat hy bo sy gewigsklas kan boks. Midstream College is die verdedigende kampioen van die kompetisie.
Midstream het sy plek in die halfeindronde met ‘n sege van 36-20 oor die Hoërskool Ermelo bespreek. Potch Gimmies het op hul beurt vir Brandwag van Benoni met 41-19 uit die pad gestamp.
In die ander halfeindstryd sal Dinamika van Alberton na Rustenburg reis om vir Bergsig Akademie die stryd aan te sê.
Dinamika het verlede week naelskraaps vir Ellisras met 16-15 uitgekakel, terwyl Bergsig ook hard moes werk om Hans Moore met 27-25 in die kwarteindronde te verslaan.
Die spanne is:
Potchefstroom Gimnasium vs Midstream College in Potchefstroom om 10:30:
Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Lourens Jacobs, 13 Jean Groenewald, 12 Delarey Joubert, 11 David Ndlala, 10 Jhanco de Beer, 9 Dian Smith, 8 Morné van Aswegen, 7 Dewald Lubbe, 6 Bart du Plooy, 5 Tobias van Dyk, 4 Kyle Williams, 3 Altus van Zyl, 2 Franco van Dyk, 1 Daneil Potgieter.
Midstream College: 15 Jaedon Louw, 14 Hilton Thomas, 13 Justin Hattingh, 12 Anru Cronjé, 11 Kobus Alberts, 10 Christiaan Mare, 9 Xander Senekal, 8 Tian Pretorius, 7 Joshua Smit, 6 Jahred Smit, 5 Kago Montene, 4 Jacques Vos, 3 Deon le Roux, 2 Mika Lubbe, 1 Kobus van der Merwe.
Bergsig Akademie vs Dinamika in Rustenburg om 10:00:
Bergsig: 15 Waldo Pretorius, 14 Siya Buthelezi, 13 MJ Pretorius, 12 Jaysen de Abreu, 11 Alzandro dos Santos, 10 Simeon Botha, 9 Paulo dos Santos, 8 Juandré Steyl, 7 CJ van Rooyen, 6 Cobus Ferns, 5 Dewald Potgieter, 4 Taffa Luyanda, 3 Hercu du Plessis, 2 Clayton Reed (kaptein), 1 Bongi Sakie.
Dinamika: 15 Josh Egwatu, 14 Ansley Govender, 13 Jaden Jonker, 12 Dylan Serfontein, 11 Jayden Serfontein, 10 Kyle Young, 9 Dylan Feenstra, 8 Dwayne Roodt, 7 Keanu Viljoen, 6 Jonathan Rebelo, 5 Usher Booysen, 4 Marco Gomes, 3 Wesley Williamson, 2 Kyle Middelton, 1 Tiaan Saayman.
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30