Stellies se eerste netbalspan: ’n Krag op die baan

Hoërskool Stellenbosch se eerste netbalspan het die afgelope paar jaar ontwikkel in ‘n mededingende en talentvolle groep spelers, danksy toegewyde afrigting en ‘n sterk spanmentaliteit. Onder leiding van hoofafrigter Ezelda Badenhorst en hulpafrigter Charmaine Baard, toon die span ’n verbintenis tot uitnemendheid, dissipline en voortdurende verbetering.
Die spelers en seisoenvooruitsigte
Vir die nuwe seisoen het vier ervare eerstespanspelers van verlede jaar behoue gebly: Rieze Steyn, Elsa du Plessis, Vine Mars en Likishia September. Hierdie kernspelers bring waardevolle ondervinding en leierskap na die span, terwyl nuwe, talentvolle spelers ook hul plek in die groep verdien.
Die span se seisoen skop af met ‘n belangrike wedstryd teen Brackenfell Hoërskool, terwyl die interskole-kragmeting met Vishoek’n hoogtepunt is. Hierdie wedstryde bied ‘n platform vir die spelers om hul vaardighede uit te stal en selfvertroue te skep.
Die bestuur van Stellies se netbalspan heg groot waarde aan die fisiese en emosionele welstand van hul spelers. Deur gereelde “check-ins” en oop kommunikasie verseker die afrigters dat elke speler fisies uitgerus is en emosioneel ondersteun word. Dit sluit in dat genoeg spelers na toernooie geneem word om uitputting te minimaliseer, asook om ‘n ondersteunende omgewing te skep waar spelers hul vrese, uitdagings en behoeftes vrylik kan deel. Die span se filosofie is dat ‘n gebalanseerde speler ‘n suksesvolle speler is.
Charmaine Baard: ‘n Uitnemende afrigter
Charmaine Baard speel ‘n kernrol in die sukses van die span. As hulpafrigter bring sy ‘n rykdom aan ervaring en insig in die spel. Haar fokus op basiese vaardighede en selfvertroue verseker dat spelers nie net tegnies verbeter nie, maar ook saam as ‘n span groei. Baard se indrukwekkende prestasies op nasionale en internasionale vlak maak haar ‘n inspirerende mentor vir jong netbalspelers.
Haar prestasies sluit in:
- Lid van die Protea Fast5 Nasionale Span (2016-17)
- Maties Eerste Span (2014-18)
- Gouemedaljewenner by die Nasionale Kampioenskappe (2014)
- Verteenwoordiging van Suid-Afrika by verskeie internasionale toernooie, insluitende die Region 5 o. 19-span en die SA o. 21-span vir die Wêreldbekerkwalifiseerders in Botswana (2016)
- Spelervaring vir Surrey Storm (Engeland) en die Universiteit van St Andrews (Skotland)
- Ontvanger van Universiteit Stellenbosch se Rektorstoekenning vir Uitstaande Sportprestasies (2018)
Met so ‘n indrukwekkende loopbaan en haar passie vir afrigting, is dit duidelik waarom Hoërskool Stellenbosch se netbalspan floreer onder Baard se leiding.
Netbaldatums 2025
Kwartaal 1
Maart
18 (Dinsdag) – Hoërskool Brackenfell (T)
25 (Dinsdag) – Hugenote Hoërskool (T)
27 (Donderdag) – Toerspan (o. 14’s–16’s)
28 Maart – 1 April – Eerste span Menlopark-toer
Kwartaal 2
April
9 (Woensdag)- Rhenish Girls High (T)
12 (Saterdag) – Somerset College (T)
16 (Woensdag)- Charlie Hofmeyr-sportdag (W)
23 (Woensdag) – Laborie (T)
25 (Vrydag)- Strand (W)
Mei
6 (Dinsdag) – Swartland-sportdag (T) 7 (Woensdag) – Luckhoff Hoërskool (T) 9/ 10 (Vrydag/Saterdag) – Milnerton (W)
6/ 17 (Vrydag/Saterdag) – Fairmont Sportdag (W)
21 (Woensdag) – Hottentots-Holland (W)
24 (Saterdag)- HTS Drostdy (W)
Kwartaal 3
Julie
25/ 26 (Vrydag/Saterdag) – Robertson-sportdag (T)
Augustus
1/ 2 (Vrydag/Saterdag) – Jan Van Riebeeck-sportdag (T) 8/ 9 (Vrydag/Saterdag) – Vishoek Hoërskool – Interskole (T)
Die pad vorentoe
Hoërskool Stellenbosch se netbalspan het ambisieuse doelwitte vir 2025: om tegniese vaardighede te verbeter, selfvertroue te bou en bo hul prestasies van die vorige jaar uit te styg. Onder leiding van Badenhorst en Baard, met ondersteuning van spanbestuurders Ceska Haf en Mari du Toit, is hierdie span slaggereed om elke uitdaging met vasberadenheid aan te pak.
Met ‘n stewige grondslag en ‘n afrigtingspan wat vir niks skrik nie, is Stellies se eerste span gereed om hul merk te maak in die komende seisoen. Hulle is nie net ‘n span nie, maar ‘n familie wat groei, leer en oorwinnings saam vier.
- Parkies se seisoen van glorie - 2025-10-06
- Nasionale erkenning vir Bayisa en Moloise weerspieël Middies se sukses - 2025-09-30
- Top-4 Rusties leef hul droom - 2025-09-29