SuperSport Schools News

So pak die spanne mekaar vanjaar in die Tuks-reeks se kwarteindronde

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-03-21

TuksSkole reeksDie Hoërskool Garsfontein het besluit om so tikkie meer prestige aan vanjaar se kwarteindronde van die Tuks-reeks te verleen wat deur hom aangebied word. Garsies het die LC de Villiers-stadion uitgehuur en Saterdag se kwarteindronde sal deur die skool hier aangebied word. 

Garsfontein se eerstespan speel in die hoofmaal van die dag in ‘n Jakaranda-derby teen Menlopark. Die vernaamste voorwedstryd is ook ‘n derby tussen twee eerstespanne van die Oos-Rand, EG Jansen en Kemptonpark. Menlopark is nog onoorwonne in vanjaar se reeks na hy Transvalia (40-36) en Kemptonpark (17-11) in sy twee groepwedstryde verslaan het. 

Garsies het vanjaar sy rieme met 28-34 teen EG Jansen in Boksburg styfgeloop. EG Jansen se skitterende losskakel, Ruben Beytell, het sy seisoen met ‘n driekuns aan drieë en 24 punte vir sy span in die sege afgeskop. Kempies sal se afrigter Oupa van der Merwe sal ‘n hele paar planne moet beraam hoe sy span Beytell in toom sal hou. 

Die ander kwarteindronde word op Hoërskool Nelspruit se veld beslis. Die gasheer se Rhinos kom in die hoofwedstryd teen Eldoraigne van Pretoria te staan. Eldoraigne sal graag op sy vertonings tot dusver wil voortbou. Die span van die Jakarandastad het Saterdag op Emirates Airline-park vir die eerste keer sedert 2007 daarin geslaag om Monument van Krugersdorp (27-22) te verslaan.  

Monnas, die verdedigende kampioen, sal in die ander belangrike kwarteindstryd vir HTS Middelburg die stryd aanse. Monnas sal sy vyf spelers die skrumskakel Tinus Combrinck, losskakel Luke Rossouw, haker Morne Brandon, flank PJ Jacobs en die slot Cristen van Niekerk terug in sy geledere he. Die vyf was weens die SA Skole-oefenkamp nie teen Eldoraigne in aksie nie. 

Die kwarteindrondes van die Tuks-reeks se bepalings is: 

LC de Villiers-stadion: 08:30 – o.16 – Transvalia vs. EG Jansen; 09:45 – o.16 – Garsfontein vs. Menlopark; 11:00 – o.18 – Transvalia vs. Rustenburg; 12:30 – o.18 – EG Jansen vs. Kemptonpark; 14:00 – o.18 – Garsfontein vs. Menlopark. A-veld: 08:30 – o.15 – Garsfontein vs. Kemptonpark; 09:30 – o.15 – Transvalia vs. Rustenburg; 10:30 – o.15 – Menlopark vs. EG Jansen; 11:30 – o.16 – Kemptonpark vs. Rustenburg. B-veld: 08:30 – o.14 – Menlopark vs. EG Jansen; 09:30 – o.14 – Garsfontein vs. Kemptonpark; 10:30 – o.14 – Transvalia vs. Rustenburg. 

Hoërskool Nelspruit – A-veld: 08:00 – o.15 – Monument vs. Nelspruit; 09:00 – o.15 – Eldoraigne vs. Florida; 10:00 – o.16 – Monument vs. HTS Middelburg; 11:00 – o.16 – Hoërskool Pietersburg vs. Hoërskool Klerksdorp; 12:00 – o.18 – Hoërskool Pietersburg vs. Hoërskool Klerksdorp; 13:15 – o.18 – Monument vs. HTS Middelburg; 14:30 – o.18 – Hoërskool Nelspruit vs. Eldoraigne. B-veld: 08:00 – o.14 – Eldoraigne vs. Klerksdorp; 09:00 – o.14 – Monument vs. Nelspruit; 10:00 – o.14 – Pietersburg vs. Florida; 11:00 – o.15 – Pietersburg vs. HTS Middelburg; 12:00 – o.16 – Eldoraigne vs. Nelspruit. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.