Skild-nuweling skop veldtog tuis af


Hoërskool Montana loods sy nuwe hoofstuk, in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, Saterdag in Pretoria wanneer hy die gevaarlike Hoërskool Pietersburg ,om 13:30, tuis verwelkom.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschool.com)
Die Monties en Pieties het genoeg kans gehad om mekaar deeglik te ontleed tydens die onlangse NWU Prestige-reeks. Die twee spanne het met tye uitsonderlik vertoon, met die Monties wat in ‘n stadium drie agtereenvolgende seges kon inpalm, terwyl die Pieties dikwels met die groter name kon kers vashou.
Daar wag ‘n opwindende stryd in die middeveld tussen die twee binnesenters, Luan Barnard en Siya Mahlangu. Albei spog reeds met ‘n jaar se ervaring op eerstespan-vlak, met Mahlangu wat Barnard se kragspel sal probeer troef met sy venynige voetwerk.
Voorlangs word die Pieties aansienlik versterk met die terugkeer van vaskopstut, Stephan Jansen van Rensburg, na ‘n besering. Sy teenwoordigheid behoort vir die besoekers in sowel die skrums as op die aanval ‘n hupstoot te gee.
Vir die Monties sal flanke, Dieter Scheepers en Aiden Vorster, oudergewoonte woel in die los.
Hoërskool Die Anker durf vir Hoërskool Ben Vorster agter die sitrusgordyn in Tzaneen aan en die span van Brakpan sal alte bewus wees van die taak wat daar voorlê. Die Vossies het juis onlangs vir Hoërskool Waterkloof én Hoërskool Middelburg opdraande gegee in Tzaneen. Boonop beskou die tuisspan dit as onafgehandelde sake nadat Die Anker hom in die vorige kragmeting met 57-15 afgestof het.
Die tweestryd tussen die twee nr. 12’s, Arno Krugel, wat die beseerde Edrick Pienaar vervang en die Buffels se kragman, Gehan Hendriks, beloof ook hier om vuurwerke op te lewer. Voorlangs sal Brendan van Lutterveld en Gerhard Oosthuizen, Die Anker se woelige slotpaar, in ‘n verbete stryd gewikkel wees met die Vossies se Harmse-tweeling, Lourens en Barend Harmse.
Franko Rossouw en die span van Hoërskool Secunda sê tuis vir Hugenote van Springs die stryd aan. Die twee spanne het mekaar vroeër vanjaar in ‘n proefwedstryd teëgekom en is ou vyande in die Skild-afdeling. Rossouw, een van Secunda se sterkste aanspraakmakers op ‘n plek die Pumas se Cravenweekspan, sal sou gou as moontlik vir sy naamgenoot, Franko Neuhoff, en die Hugies-pak op die agtervoet wil plaas.
Heidelberg Volkskool, na ‘n lang blaaskans vanweë die reën wat die NWU Prestige-reeks kortgeknip het, verwelkom ‘n aantal staatmakers terug, waarvan binnesenter, Vaughn Steynvaart, straks die beduidendste is. Die Munro-tweeling, Tyrone (heelagter) en Tristan (buitesenter), sal ook weer die veld vol speel.
Die spanne:
Montana t. Hoërskool Pietersburg om 13:30 in Pretoria:
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Dirk Coetzee, 12 Luan Barnard, 11 Sam Schoeman, Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Aiden Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Xandré le Roux, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.
Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armandt Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Mahlangu, 11 Zuhan Labuschagne, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 8 FC Smith, 7 Juan Janse van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Kyle Swanepoel.
Ben Vorster t. Die Anker om 12:30 in Tzaneen:
Ben Vorster: 15 Wessel Joubert, 14 Miguel Makhubupetsi, 13 Chifu Banda, 12 Gehan Hendriks, 11 Freddie Pinto, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohlale, 7 Lesedi Motseke, 6 Kobus de Beer, 5 Lourens Harmse, 4 Barend Harmse, 3 Thaba Matlou, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.
Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dyllon le Roux, 13 Johnathan Jordaan, 12 Arno Krugel, 11 Ruben Botha, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Jaydon Steenkamp, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman
Hoërskool Secunda t. Hugenote van Springs om 12:20 in Secunda:
Secunda: 15 Dillon Grundelingh, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismark Jansen, 11 Alberto Volschenck, 10 Alonzo Blakenberg, 9 JD van Coller, 8 Franko Rossouw, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlungwane, 5 Renier Combrink, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.
Hugenote (Springs): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee. 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.
Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Piet Retief in Heidelberg:
Heidelberg Volkskool: 15 Tyrone Munro, 14 Theuns van der Merwe, 13 Tristan Munro, 12 Vaughn Steynvaart, 11 Pieter Greyling, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Eduard Roets, 6 Jaco Botha, 5 Eduard Roets, 4 Werner Grobler, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.
Piet Retief: 15 Buhle Ngubane, 14 Spephelo Phakathi, 13 Siphosethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Harold Gevers, 4 Abongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Mario de Oliveria, 1 Sfundo Mayisa.

Click here for everything you need to know about the SDC Noordvaal Cup




