SuperSport Schools Plus

Sentraal, La Rochelle en Framesby sit segetogte voort by Kloof-Netbalfees

By Shane Labuschagne , in Netball | News , at 2025-03-30 Tags: , , , , ,

Die tweede dag van vanjaar se opwindende Kloof-Netbalfees het nogmaals nie teleurgestel nie. Spanne het alles in die stryd gewerp in ’n reeks kragmetings wat toeskouers op die punte van hul stoele vasgenael gehou het.

Hoërskool Sentraal het hul merk gemaak deur die dag onoorwonne af te sluit. Hulle het verál teen Oosterlig (30–9) en Waterkloof (19–12) netbal van die hoogste gehalte opgedis.

Dit was vernaam Sentraal se beheerde spel, kragtige aanval en vlymskerp verdediging wat ‘n blywende indruk gelaat het. Met Protea- en Fast 5-verteenwoordigers, Refiloe Nketsa en Zandre Smit, as afrigters, is Sentraal beslis in ‘n bevoorregte posisie en besig om die vrugte daarvan te pluk.

La Rochelle en Framesby is nóg twee spanne wat hul segetogte voortgesit het – en dit het in die proses tonne drama opgelewer.

In een van die vele naelbytstryde van die dag, het La Rochelle en Framesby kragte gemeet in ’n titaniese gelykopstryd van 24–24. Die spanne het hope karakter getoon en verbete geveg tot die einde, maar kon mekaar eenvoudig nie uitoorlê nie. Alhoewel dit nie as ’n nederlaag tel nie, het dit nietemin so hittete die einde van een van dié twee spanne se perfekte rekord beteken.

Een van die uitblinkers van die dag was sonder twyfel La Rochelle se Christelle Greyling wat in haar rol as hulpverdediger haas ondeurdringbaar was. Haar spel-intellek en vermoë om spel te lees het gelei tot talle kritieke onderskeppings, wat keer op keer die momentum ten gunste van haar span laat swaai het. Christelle se teenwoordigheid op die baan het ’n tasbare verskil gemaak en sy is tereg as een van die spelers van die dag uitgelig.

Redhill het ’n kragtige sege van 45–5 oor Reitz behaal, terwyl Amanzimtoti hulself ook as ’n span van formaat bevestig het met ’n indrukwekkende oorwinning van 33–11 oor Vrede. Voortrekker was ook op dreef met drie puik seges, oor onder andere teen Klerksdorp (28–21) en Windhoek Privaatskool (23–16). Kempton Park het ook ‘n bevredigende dag beleef met ‘n oorwinning oor Ashton (18-11), asook ‘n gelykopuitslag teen Wesvalia (18-18).

Namate die Kloof-Netbalfees vorder, begin die koring hulself van die kaf te skei. Met die halfpadmerk van die toernooi wat bereik is, sal dit interessant wees om te sien of spanne soos Sentraal, La Rochelle en Framesby hul momentum kan behou om die kompetisie onoorwonne af te sluit. Hou gerus dop om te sien wié volgende die kollig gaan steel – Dag 3 beloof selfs meer aksie, uitmuntende spel en onvergeetlike oomblikke.

Uitslae | Dag 2

Hoërskool Alberton 19 Centurion 10
Ellisras 10 Eunice 23
Ferrum 18 Waterkloof 22
St Anne’s 20 Empangeni 20
Amanzimtoti 31 Bergvlam 6
Ashton 29 Gerrit Maritz 6
Piet Potgieter 15 Vrede 22
Reitz 11 Piet Retief 23
Redhill 24 Windhoek Hoërskool 19
Brandwag 25 Potch Volkies 19
Framesby 25 Witteberg 17
Wesvalia 12 Voortrekker 25
Klerksdorp 15 La Rochelle 26
Windhoek Privaatskool 30 Wagpos 6
Waterkloof 12 Sentraal 19
Oosterlig 8 Jeugland 20
Piet Retief 29 Piet Potgieter 14
Gerrit Maritz 14 Empangeni 23
Vrede 11 St Anne’s 19
Reitz 5 Redhill 45
Hoërskool Alberton 27 Bergvlam 11
Amanzimtoti 25 Witteberg 21
Ferrum 5 Centurion 25
Windhoek Hoërskool 28 Ellisras 7
Windhoek Privaatskool 6 Waterkloof 16
Wagpos 10 Brandwag 19
Potch Volkies 10 Kemptonpark 18
Ashton 11 Jeugland 18
Wesvalia 16 Eunice 19
Klerksdorp 21 Voortrekker 28
La Rochelle 24 Framesby 24
Oosterlig 9 Sentraal 30
Centurion 24 Ellisras 10
Windhoek Hoërskool 22 Brandwag 20
Potch Volkies 17 Framesby 23
Waterkloof 15 La Rochelle 25
Klerksdorp 11 Sentraal 18
Hoërskool Alberton 25 Waterkloof II 15
St Anne’s 19 Ferrum 17
Eunice 15 Witteberg 16
Jeugland 29 Wagpos 9
Windhoek Privaatskool 16 Voortrekker 23
Oosterlig 8 Kemptonpark 18
Wesvalia 18 Ashton 21
Vrede 11 Amanzimtoti 33
Reitz 19 Empangeni 23
Piet Retief 21 Redhill 37
Piet Potgieter 13 Bergvlam 16
Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.