SuperSport Schools Plus

Rusties slaggereed vir nuwe Noordvaal-uitdaging

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-05-03 Tags: , , ,

FOTO: Marius Nortje

Hoërskool Rustenburg is oorgehaal om hul nuwe veldtog in vanjaar se SDC Noordvaal Cup Beker-afdeling op ‘n hoë noot af te skop.

Volg al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com)

Die Rusties kom Saterdag in hul eerste blootstelling aan die top-afdeling in die reeks teen Hoërskool Marais Viljoen op tuisbodem te staan.

Die vorige keer vanjaar dat dié twee spanne mekaar gepak het, was dit die span van Alberton wat met ‘n enkele punt (31-30) as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Die span van Rustenburg het tot op hede ‘n taamlike wipplank seisoen beleef en nog nie heeltemal die ritme waarna breier, Naas Olivier, soek gevind nie.

Olivier en die res van sy afrigtingspan sal nietemin vertou dat ‘n sege oor die span van Alberton ‘n goeie grondslag vir die reeks kan lê.

Die Rusties se gevaarman, Lorenzo Snyers, sal weer op sy gunstelingposisie as heelagter in aksie wees. Met Snyers se vermoë om gevaarlike teenaanvalle van agter te loods, behoort die besoekers hul hande vol te hê indien hy die nodige spasie gegun word.

Sy vennoot en mede gevaarman, Zulu Khumalo, skuif van linkervleuel, waar hy die laaste paar wedstryde diens gedoen het, terug na die middeveld om sy plek op buitesenter in te neem. Christiaan van der Bergh skuif van regter- na linkervleuel, met Wesley van Loggerenberg wat die nr. 13-trui vir nr. 14 verruil. Jon-re Jefthas loop die kragmeting mis weens ‘n ligte besering.

Die besoekers van Alberton betree die stryd met ‘n onveranderde span. Marais Viljoen het self ‘n onbestendige seisoen tot dusver beleef, maar het na ‘n nuwe span gelyk in hul oorwinning van 37-9 oor Hoërskool Pietersburg in verlede naweek se uitspeelwedstryd van die NWU Prestige-reeks.

Hulle sal staatmaak op die kranige agtsteman, Rio Tshimbalanga, om die besoekers op die voorvoet te plaas. Tshimbalanga was uitmuntend in verlede naweek se vertoning en is moeilik om te stuit wanneer hy met die bal op loop sit.

Losskakel en kaptein, Rekkie Gerber, het self ‘n groot taak op hande om sy gevaarlike agterlyn, en vernaam die senterpaar, Claudo do Couto  en Brandon Els, aan die gang te kry, en sal ook sy goeie spelpeil met die stewel wil voortsit.

Die spanne:

Hoërskool Rustenburg t. Hoërskool Marais Viljoen om 13:20 in Rustenburg

Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Wesley van Loggerenberg, 13 Zulu Khumalo, 12 Hendre Robinson, 11 Christiaan van der Bergh, 10 Tiano Combrinck, 9 Jayden Meyer, 8 Coenraad Coetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Wickus Jacobs, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Divan Welgemoed.

Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Devin Raubenheimer, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Stefan Basson, 5 Bjorn Pieters, 4 JD Labuschagne, 3 Sifiso Shongwe, 2 Rynier Welgemoed, 1 Clayton Gagiano.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.