SuperSport Schools Plus

Rekordgetal van 107 spanne by Kloof-netbalfees

By Charne van der Merwe , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-03-18 Tags: ,

Die langverwagte Kloof-netbalfees vind hierdie week, van 21 tot 25 Maart, plaas by Hoërskool Waterkloof.

Die fees moes noodgedwonge vanjaar uitbrei om ‘n rekordgetal van nie minder nie as 107 netbalspanne te akkommodeer.

Nege-en-twintig topskole van regoor die land gaan aan die fees deelneem, waarvan sommige vir die 13de agtereenvolgende jaar terugkeer. Die Kloof-fees word beskou as die oudste fees in Pretoria.

René Straeuli, netbaldirekteur van Waterkloof, vertel dat sedert die fees se begin in 2011, met 21 rondes en 20 spanne (beperk tot o. 19), het die toernooi eksponensieel gegroei.

Weens oorweldigende belangstelling en ten spyte van die oorspronklike beplaning vir ‘n beperking van 90 spanne vir vanjaar se toernooi, was die organiseerders verplig om die fees uit te brei en die hoë aanvraag te akkommodeer. Dit beteken dat hulle uiteindelik ‘n rekordgetal van 107 spanne verwelkom om op 11 bane mee te ding.

Ten spyte van die groeiende aantal spanne, prioritiseer organiseerders steeds spelerwelstand, vernaam aangesien dit die begin van die seisoen is. Met wedstryde wat van sonop tot laataand geskeduleer is, is organiseerders bedag daarop om oormatige inspanning en moontlike beserings onder spelers te voorkom.

Die toename in navrae van nóg skole wat gretig is om deel te neem aan volgende jaar se fees, is ‘n bewys van die fees se sukses en reputasie.

Vir 2025 is die teiken selfs hoër gestel op 120 spanne, wat ‘n propvol skedule, van 7:30 tot 20:00 oor al 11 bane vir drie en ‘n half dae, sal vereis.

Die toernooi dien vroeg in die seisoen as ‘n voorbereidende platform, wat afrigters in staat stel om spankombinasies teen strawwe opposisie te evalueer en hul sterkste span van sewe spelers te finaliseer. Met 10 spelers wat per span toegelaat word, kan afrigters verskeie kombinasies en strategieë in werklike speeltoestande toets, wat help met finale spankeuses.

Soos die fees sy 13de jaar betree, is die fokus dus steeds op spanvoorbereiding – wat ‘n unieke gestalte gee aan die fees.

Boonop skep die fees waarlik ‘n feestelike familie-atmosfeer, met Sondagaand wat ‘n spesiale “Praise and Worship”-diens, gelei deur pastoor Jean Symons van Doxa Deo, Brooklyn, insluit. Dit bied ‘n geleentheid aan spelers, beamptes en ouers vir nadenke en dankbaarheid.

Die wedstryde word ook in ‘n feestelike atmosfeer gespeel, so dit is letterlik ‘n fees vir die spelers om aan deel te neem.

Die Kloof-netbalfees se akroniem vir 2024 is CHAMPION:

CCommit to excellence

HHave the same goals

A Aspire to win

MMore “we” less “me”

P Perform to your best

I –   Ignite Skills

OOvercome obstacles

N Neutralise the opposition

Skole wat aan die toernooi gaan deelneem:

1 Bergsig Akademie
2 Hoërskool Brandwag
3 Hoërskool Centurion
4 Edugate Academy, Otjiwarongo Namibië
5 Hoërskool Eldoraigne
6 Eunice High School
7 Hoërskool Framesby, Port Elizabeth
8 Hoërskool Gerrit Maritz
9 Hoërskool Hans Strijdom
10 Helpmekaar Kollege
11 Hoërskool Jeugland
12 Hoërskool Kempton Park
13 Hoërskool Klerksdorp
14 HMS La Rochelle
15 Ligbron Akademie vir Tegnologie
16 Hoërskool Oos-Moot
17 Hoërskool Oosterland
18 Hoërskool Overkruin
19 Hoërskool Parel Vallei
20 Rand Park High
21 Reddam House, Bedfordview
22 Hoërskool Sentraal
23 Hoërskool Transvalia
24 Hoërskool Waterkloof
25 Hoërskool Wesvalia
26 Hoërskool Windhoek,  Namibië
27 Windhoek Privaat Afr skool
28 Hoërskool Witteberg, Bethlehem
29 Hoërskool Waterkloof

 

 

 

 

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.