Pretorius op sy pos vir Heidelberg Volkies teen Liggies


Heidelberg Volkskool het uiteindelik net een beseringsverlies, en nié twee soos aanvanklik vermoed nie, gely in die vorige ronde van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, en is dus bykans op volsterkte vir sy wegstryd teen Hoërskool Lichtenburg.
Volg al die Skild aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.superpsortschools.com)
Jeandré Pretorius het die groen lig gekry om Saterdag te speel nadat hy verlede week die veld in Montana moes verlaat met ‘n ontwrigte knieskuif. Hy sal dus sy pos op agsteman inneem.
Die Volkies moet egter klaarkom sonder Tyrone Munro, wat vir ‘n geruime tyd buite aksie sal wees na hy skouerligamente in dieselfde wedstryd teen die Monties geskeur het. Munro word op heelagter vervang deur Theuns van der Merwe, wat oorskuif van regtervleuel, met JV Badella wat op vleuel kans kry.
Die Liggies het hul span, wat met 40-14 oor Hoërskool Piet Retief geseëvier het, onveranderd gelaat, met driekunsheld, Tiaan Booysen, wat oorgehaal sal wees om voort te bou op sy skitterende spelpeil.
Hoërskool Pietersburg keer terug na Skild-aksie, ná ‘n afwesigheid van twee weke, wanneer hy gasheer speel vir Hoërskool Secunda. Die Pieties het wel intussen vir HTS Tom Naudé met 50 punte afgestof in hul jaarlikse derby.
Secunda, wat vir ‘n tweede agtereenvolgende week op pad is, lek nog wonde na sy naelskraapse nederlaag van 32-34 teen Hoërskool Die Anker in die vorige ronde. Agsteman en kaptein, Franko Rossouw, speel hierdie keer vanaf die plaasvervangerbank, met Renier Combrink wat van slot na agsteman skuif en JC Olivier wat geleentheid kry op slot.
Hoërskool Piet Retief kan die bordjies tuis verhang teen Hoërskool Ben Vorster slegs ‘n maand en ‘n half nadat die twee spanne in die laaste ronde van vanjaar se NWU Sportreeks slaags was. Die tuisspan sukkel ietwat in sy eerste jaar van Skild-aksie, maar die afrigtingspan is positief dat hy spoedig ritme sal vind. Piet Retief het ook ‘n aantal veranderinge aanbring na die nederlaag teen Lichtenburg .
Owethu Shabalala skuif van losskakel na heelagter, terwyl Kyle Stock die Nr 9-trui vir 10 verruil. Domenic Coetzer neem Stock se plek as skrumskakel in.
Die Buffels verwelkom albei hul vuurvreter-flanke, Joshua van der Mescht en Kobus de Beer, terug, wat die pak heelwat meer oemf gee. Die ervare Lethabo Sejake is terug op vleuel na ‘n skouerbesering en kan vir die tuisspan hoofbrekens agterlangs besorg.
Hoërskool Hugenote van Springs het ‘n reuse uitdaging wat in Montana op hom wag wanneer hy die nuweling in die Skild-afdeling, die gevaarlike Hoërskool Montana, aandurf. Die Monties het hul stem dik gemaak met ‘n wegholsege oor Heidelberg Volkskool (45-24), terwyl die Hugies 12 punte in die laaste paar minute aangeteken het om Ben Vorster se partytjie te bederf met ‘n gelykopuitslag van 18-18.
Die spanne:
Hoërskool Lichtenburg t. Heidelberg Volkskool om 12:30 in Lichtenburg:
Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter, 13 Oratile Sekoto, 12 WJ Liebenberg, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 George Bingudzu, 5 Darius Lombard, 4 LJ Kleynhans, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Ruben Pretorius.
Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 JV Badella, 13 Marco Botha, 12 Vaughn Steynvaart, 11 Pieter Greyling, 10 Tristan Munro, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Eduard Roets, 4 Jano Dietrechsen, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.
Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Secunda om 12:30 in Polokwane:
Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armand Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 9 Ludke Pienaar, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 FC Smith, 5 Henco Venter, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.
Secunda: 15 Dillon Grundeling, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismark Jansen, 11 Alberto Volschenk, 10 Alonzo Blackenberg, 9 JD van Coller, 8 Renier Combrink, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlangawe, 5 JC Olivier, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Jarred Davies, 1 Rico Schoeman.
Hoërskool Piet Retief t. Ben Vorster om 13:30 in Piet Retief:
Piet Retief: 15 Owethu Shabalala, 14 De Klerk Ferreira, 13 Bubele Ngubane, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Kyle Stock, 9 Domenic Coetzer, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Harold Gevers, 4 Abongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Mario de Oliveria, 1 Sfundo Mayisa.
Ben Vorster: 15 Phetogo Shubane, 14 Andzani Shisingi, 13 Freddie Pinto, 12 Gegan Hendriks, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohlale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Chifu Banda, 4 Barend Harmse, 3 Thaba Matlou, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.
Montana t. Hugenote van Springs om 12:30 in Pretoria
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Aiden Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Xandré le Roux, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.
Hugenote (Springs): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee. 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.

Click here for everything you need to know about the SDC Noordvaal Cup




