SuperSport Schools Plus

President Steyn nuwe kampioen van Bultfontein Sewes

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-04-01 Tags:

DIE Hoërskool President Steyn is die nuwe kampioen van die jaarlikse Bultfontein-sewestoernooi. 

Die span van Bainsvlei  het  die Hoërskool Bothaville in ’n senutergende eindstryd met 14-10 uitoorlê. 

Die Steyners het die sege met ’n drie beklink nadat speeltyd reeds verstreke was. Die Steyners het hul tweede span met 54-0 in die halfeindstryd afgeransel. 

Die naasbestes van die Steyners het derde in hul groep geëindig, maar Theunissen, wat in die halfeindstryd moes speel, het twee spelers weens beserings verloor. Theunissen het toe besluit om sy plek in die uitspeelrondes af te staan. 

Bothaville het Brandfort met 24-12 in die ander halfeindstryd geklop. Brandfort was die verdedigende kampioen. Die span het ook in 2011 die louere met Hennenman gedeel. 

Uitblinkers vir die Steyners in die toernooi was Janus Sander, die planmaker, Jean van Rensburg en Chester Sejake. 

Wat hierdie oorwinning merkwaardiger gemaak het, is dat die Steyners sonder hul vinnige manne gespeel het, wat op dié dag aan die Motheo-Gariep-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem het.

Bothaville het in die groepwedstryde die meeste beïndruk en met oortuigende seges oor President Steyn II (55-0), Hoopstad (58-0) en Theunissen (60-0) tot die uitkloprondes deurgedring. Die span se staatmakers op die toernooi was Sakkie Bester, Sakkie Wessels, Jeandré Kleynhans en Wessel Hefer. 

Bothaville het in die o.16-afdeling koning gekraai deur President Steyn met 34-7 te verslaan. 

Die uitslae: 

Groep A: Brandfort 49 Hennenman 5; President Steyn 17 Brandfort 14; Brandfort 48 St. Dominic-kollege 0; Hennenman 68 St. Dominic-kollege 0; Hennenman 27 Bultfontein 0; President Steyn 54 Brandfort II 5; President Steyn 34 Bultfontein 17. 

Groep B: Bothaville 55 President Steyn II 0; Bothaville 60 Theunissen 0; Bothaville 58 Hoopstad 0; Theunissen 7 Welkom High 5; Theunissen 14 Hoopstad 5.

Halfeindstryde: Bothaville 24 Brandfort 14; President Steyn 54 President Steyn II 0.

Eindstryd: President Steyn 14 Bothaville 10. 

By Hannes Nienaber

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.