Potch skuif reg vir FNB Classic Clashes-aksie
Dit is weer tyd vir die jaarlikse groot interskole in Potchefstroom.
Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).
Vanjaar sal die hele dorp na Potchefstroom Volkskool opruk vir hul FNB Classic Clashes-kragmeting met Potchefstroom Gimnasium.
Vanjaar vorm die interskole ook deel van die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling, nadat Gimmies daarin kon slaag om vanuit Afdeling 2 op te skuif.
Dit is vanjaar die 23ste keer dat die twee buurskole swaarde kruis. Die Gimmies geniet tot dusver die oorhand met 13 seges uit die vorige 22 kragmetings, insluitende die mees onlangse uitslag van 26-13 in hul guns. Volkies het tot dusver agt seges behaal, met een kragmeting wat gelykop geëindig het. Gimmies is boonop nog onoorwonne in vanjaar se reeks.
Die Volkies se middeveld sal op hul hoede moet wees vir die Luiperds se Cravenweek-senter, Jhanco de Beer, en nóg ‘n Cravenweek-verteenwoordiger aan sy buitekant, in David Ndala. Ndala is gekies as buitesenter vir die Luiperds, maar draf Saterdag op linkervleuel uit vir die Gimmies.
Volkies se Luiperds-verteenwoordiger, Christoff Nel, behoort ‘n doring in die Gimmies se vlees te wees by die afbreekpunte. Nel is as oopkantflank vir die provinsie se Akademiespan gekies, maar speel Saterdag haker vir die tuisspan.
Ongeag die feit dat Volkskool geen verdere verteenwoordigers het nie, kan hulle nie afgeskryf word nie. Tuisveldvoordeel speel ‘n groot rol en vernaam in só ‘n groot derbystryd. Die Volkies-skakelpaar bestaande uit Juhan Geldenhuys en Johandre Meyer het ‘n sleutelrol om te vervul indien die tuisspan hoop om die bordjies te verhang.
Bowl-nuwelinge, Hoërskool Wagpos, verwelkom een van vanjaar se gunstelinge, Merensky Landbou Akademie, in Brits. Dit is die tuisspan se grootste toets tot dusver en behoort meer van ‘n opdraande stryd te bied as verlede naweek se naelskraapse nederlaag van 14-15 teen Hoërskool Piet Retief.
Die Plasies het nog slegs een wedstryd onder die belt in vanjaar se kompetisie, maar het vir Hoërskool Alberton gemaklik met 43-17 op die Plaas in Tzaneen verslaan.
Die onoorwonne Hoërskool Piet Retief kom in hul eerste wegwedstryd in vanjaar se reeks teen Hoërskool Randburg te staan. Dit sal interessant wees om te sien hoe die span van Mpumalanga op die pad vaar, na agtereenvolgende een-punt seges op tuisbodem.
Die spanne:
Potchefstroom Volkskool t. Potchefstroom Gimnasium om 13:00 in Potchefstroom
Potchefstroom Volkskool (moontlik): 15 Lourenzo Louw, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Berno de Klerk, 10 Johandre Meyer, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Gronewald, 7 Marlu du Preez, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Christoff Nel, 1 Daniel Strydom.
Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Jhanco de Beer, 11 David Ndala, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen
Wagpos t. Merensky Landbou Akademie om 12:20 in Brits
Wagpos: 15 JG Olckers, 14 Christiaan du Plessis, 13 Frans Burger, 12 Tiaan van der Merwe, 11 Franco Dippenaar, 10 AJ Nieman, 9 Arrie Joubert, 8 David van Breda, 7 Dylan Lautenbach, 6 Stefan du Plessis, 5 Du Toit van Deventer, 4 Jean Senekal, 3 Marcelle Gruindelingh, 2 Eben Blom, 1 Armant Botha.
Merensky: 15 JAshten George, 14 Leon de Lange, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Heinrich Lubbe, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Ruan Marcos, 5 Lukas Pieterse, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 JJ Goosen, 1 Ethan Maritz.
Hoërskool Randburg vs Hoërskool Piet Retief om 11:30 in Randburg
Randburg: 15 Shandre Vermaak, 14 Josh Wigget, 13 Quinten Fillies, 12 Hendre Breedt, 11 Charl le Roux, 10 Hendri Oosthuizen, 9 Jaydon Todd, 8 Duncan Beaven, 7 Jean Venter, 6 Victor de Klerk, 5 Willie Lindeque, 4 Herman Goosen, 3 Malan van Heerden, 2 Diedelof Fourie, 1 Gustave Vorster.
Piet Retief: 15 Siphosethu Sibisi, 14 Carwin Caircross, 13 Langelihle Ntuli, 12 Aphiwe Khumalo, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Olwethu Tshabalala, 9 Musa Ncube, 8 Christiaan Pienaar, 7 SJ van Barneveld, 6 Melo Xulu, 5 Jaco Klopper, 4 Jandre van Deventer, 3 Louis Grobler, 2 Mario de Olivera, 1 Sfundo Mayisa.
- Five Players to Watch: Wildeklawer T20 - 2025-10-15
- Ten new faces in Titans’ Khaya Majola squad - 2025-10-15
- Nellies betrek oud-Blitsbok en CB-breier van die Pumas - 2025-10-10