SuperSport Schools Plus

Pieties slaggereed om bordjies in Limpopo-derby te verhang

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-06-05 Tags: , , , , , , , , , , ,

FOTO: Marius Nortje

Die rooi gedeelte van Tzaneen sal Saterdagmiddag skuins na 12 tot ‘n stilstand kom wanneer die grootste derby in Limpopo afskop.

Volg al die Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

Hoërskool Ben Vorster verwelkom dan vir die ander swaargewig van die provinsie, Hoërskool Pietersburg, op die Piet Swart-veld, die Buffels se tuiste in Tzaneen.

Dit is ‘n bepaling wat sedert die begin van die jaar in rooi, óf groen, op dié twee skole se onderskeie kalenders omkring is.

Om verdere petrol op die vuur te gooi maak dié twee spanne ook die grootste gedeelte van die Limpopo Blou Bulle se Cravenweekspan uit. Die span van Pietersburg spog met nie minder nie as nege lede in dié span nie, terwyl die Buffels vyf voorsien.

Die Pieties moet egter die kort rit van 92 kilometer sonder hul vaskopstut, Stephan Janse van Rensburg, aanpak. Janse van Rensburg het die veld met ‘n kniebesering verlaat in die Pieties se stryd teen Hoërskool Secunda verlede naweek en word deur Elardus Erasmus vervang.

Goeie nuus is egter dat die Pieties se Cravenweek-haker, Zhian Lombaard na die beginspan terugkeer, wat ‘n liplekker-stryd met die Limpopo Blou Bulle se ander haker, Ruben Pohl, sal afgee. Agterlangs sê die provinsiale senterpaar, die Pieties se Siya Mahlangu en Ben Vorster se Gehan Hendriks, mekaar die stryd in die nr.-12 trui aan.

Heidelberg word óók met ‘n derby bederf wanneer Heidelberg Volkskool vir Hoërskool Hugenote van Springs verwelkom. Dié derby het verlede jaar vir die eerste keer plaasgevind met die Volkies wat naelskraaps met 30-29 oor die Hugies koning gekraai het. Vanjaar, met die kragmeting vir die eerste keer op hul tuisveld, sal Volkies oorgehaal wees om dit twee uit twee te maak.

Ten einde voort te bou op die momentum van die afgelope paar weke, het die Volkies se breier, Louwtjie Dalhouzie, slegs een noodgedwonge verandering gemaak. Reuben Bierman vervang vir Vaughn Steynvaart op binnesenter, nadat laasgenoemde ‘n rooi kaart teen Hoërskool Lichtenburg ontvang het.

In nóg ‘n rillerstryd hierdie naweek, pak Hoërskool Die Anker tuis vir Hoërskool Lichtenburg. Die span van Brakpan is, na ‘n rits beserings, oplaas weer terug op volsterkte en slaggereed om die bordjies te verhang teen die Liggies, nadat hy verlede jaar met 26-37 in Lichtenburg die knie moes buig.

Die nuus uit Hoërskool Montana se Wit Bul-kraal is dat hy sy noue ontkoming teen die Hugies verlede naweek ongedeerd deurgemaak het en vir Hoërskool Piet Retief met ‘n onveranderde span kan aandurf. Piet Retief, wat heelwat selfvertroue uit hul vertoning teen die Buffels kon put, sal egter nie ‘n maklike span wees om te klop met sy stert in die lug nie.

Die spanne:

Ben Vorster t. Hoërskool Pietersburg om 12:30 in Tzaneen:

Ben Vorster (moontlik): 15 Phetogo Shubane, 14 Andzani Shisingi, 13 Freddie Pinto, 12 Gegan Hendriks, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohlale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Chifu Banda, 4 Barend Harmse, 3 Thaba Matlou, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Basson Wolmarans, 13 Zuhan Labuschagne, 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 8 FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Henco Venter, 3 Elardus Erasmus, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.

Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Hugenote van Springs om 12:30 in Heidelberg:

Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 JV Badella, 13 Marco Botha, 12 Reuben Bierman , 11 Pieter Greyling, 10 Tristan Munro, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Eduard Roets, 4 Jano Dietrechsen, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.

Hugenote (Springs) (moontlik): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee. 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.

Die Anker t. Hoërskool Lichtenburg 13:30 in Brakpan:  

Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dyllon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Marco Groenewald, 3 Xavier Momberg, 2 Vian Strydom, 1 Branden Sauerman.

Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter, 13 Oratile Sekoto, 12 WJ Liebenberg, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 George Bingudzu, 5 Darius Lombard, 4 LJ Kleynhans, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Ruben Pretorius.

Montana t. Hoërskool Piet Retief 12:30 in Pretoria:

Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Aiden Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Xandré le Roux, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.

Piet Retief: 15 Owethu Shabalala, 14 De Klerk Ferreira, 13 Bubele Ngubane, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Kyle Stock, 9 Domenic Coetzer, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Harold Gevers, 4 Abongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Mario de Oliveria, 1 Sfundo Mayisa.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.