SuperSport Schools Plus

Pieties domineer, Heidelberg Volkies en Die Anker ook indrukwekkend

By Shane Labuschagne , in Netball | Featured Netball | News , at 2025-03-03 Tags: , , , , , ,

Facebook: Heidelberg Volkskool.

Die NWU Prestige-reeks het die afgelope naweek ‘n skouspel van netbaltalent en mededinging opgelewer. Skole het mekaar die stryd aangesê in ‘n reeks intense wedstryde waar netbal van die hoogste gehalte opgedis is.

Hoërskool Pietersburg en Heidelberg Volkskool, asook Die Anker, het verál beïndruk met hul bestendige spel en strategiese ingesteldheid.

Die Pieties het bewys waarom hulle as een van die topskole beskou word met hul eerste span se bepalende sege van 29-23 oor Potchefstroom Volkskool. Hierdie kragmeting was ‘n toonbeeld van uithou- en deursettingsvermoë, met PHS wat sterkste geëindig het.

Ruth Hall was ‘n uitblinker in dié wedstryd met haar uitsonderlike verdedigingswerk en die balbesit wat sy telkens omgekeer het, het ‘n sleutelrol gespeel het in PHS se oorwinning.

Kaptein, Kylie Campbell, was ook ‘n rots op die verdediging en het haar span gelei met onwrikbare teenwoordigheid en leierskap.

PHS se doelskieters, Amoré Duvenage (91%) en Megan Carlisle (88%), het ook ‘n onskatbare bydrae gelewer, met sulke hoë afrondingspersentasies wat verseker het dat PHS se aanval glad verloop en die momentum gehandhaaf kon word.

Met agt oorwinnings uit nege wedstryde was Pietersburg een van die dominantste skole in die toernooi, met die o. 15 B-span wat kon spog met ‘n wegholsege van 37-0 oorwinning behaal het.

Heidelberg Volkskool het ook oorheers in sy wedstrydreeks teen Bergsig, met 10 oorwinnings uit 12 wedstryde en die eerstes wat met 25-15 geseëvier het.

Met sewe oorwinnings uit nege wedstryde het Die Anker ook sy stempel op die reeks afgedruk, hoewel Wagpos in die o. 14 B- en o. 17 A-kragmetings vir verrassings gesorg het. In die eerstespan-wedstryd het Die Anker met 28-11 die botoon gevoer.

Die NWU Prestige-reeks het weereens bewys gelewer van die hoë gehalte netbal wat Suid-Afrikaanse skole oplewer, met spelers wat deurgaans hul vaardighede en deursettingsvermoë, asook gees van sportmanskap, tentoongestel het.

Die toekoms van netbal in die land lyk inderdaad rooskleurig.

Opsomming van Uitslae:
Pietersburg t. Potchefstroom Volkskool
  • o. 14 A: verloor 18-11
  • o. 14 B: wen 17-10
  • o. 15 A: wen 28-8
  • o. 15 B: wen 37-0
  • o. 16 A: wen 25-19
  • o. 16 B: wen 31-12
  • o. 17 A: wen 27-10
  • Tweede span: wen 27-4
  • Eerste span: wen 29-23
Heidelberg Volkskool t. Bergsig
  • o. 14 A verloor 12-16
  • o. 14 B wen 17-8
  • o. 14 C wen 14-2
  • o. 15 A wen 21-19
  • o. 15 B wen 31-3
  • o. 15 C wen 29-9
  • o. 16 A wen 17-11
  • o. 16 B wen 18-10
  • o. 16 C verloor 3-19
  • o. 17 A wen 24-10
  • Tweede span wen 36-9
  • Eerste span wen 25-15
Die Anker t. Wagpos
  • o. 14 A wen 25-10
  • o. 14 B verloor 6-9
  • o. 15 A wen 27-9
  • o. 15 B wen 18-4
  • o. 16 A wen 25-10
  • o. 16 B wen 24-3
  • o. 17 A verloor 11-13
  • Tweede span wen 17-9
  • Eerste span wen 28-11
Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.