Parkies kraai koning met een doel by DStv Schools Challenge
Hoërskool Menlopark het hul reputasie as een van die land se voorste netbalskole gestand gedoen deur as kampioen gekroon te word by die afgelope naweek se SASN DStv Schools Netball Challenge. Parkies het dit vermag deur vir Paarl Gimnasium met 21-20 te troef in straks die spannendste kragmeting van die toernooi.
Kyk weer na al die aksie op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Vir Menlopark het Lisa van Vuuren (V) briljant op verdediging vertoon en talle belangrike balle onderskep. Gabby Smith (D) het met haar akkuraatheid en beweging onder die paal waardevolle doele aangeteken, terwyl die kaptein, Minette Boshoff (S), op senter spel meesterlik georkestreer het met haar visie en leierskap.
Paarl Gim was egter nie sonder sterre van hul eie nie. Anja Arangies (VV) het as verdediger uitmuntende spel gelewer met haar werkstempo, terwyl Nicola van Heerden (V) as verdediger indrukwekkende werk verrig het om talle aanvalle te stuit met goeie druk wat toegepas en onderskeppings wat verkry was.
Menlopark se pad na die eindstryd het begin met ’n sege van 30-15 oor Framesby in die kwarteindronde, en in die halfeindstryd het hulle vir La Rochelle met 21-15 geklop. Paarl Gim moes hard werk vir hul plek in die finaal, toe hulle eers taai teenstand van Affies moes oorkom vir ‘n oorwinning van 19-17 in die kwarteindstryd, en daarna het hulle vir Rustenburg Hoërskool (RHS) met 22-19 uitgeskakel.
La Rochelle het in die uitspeelwedstryd om die derde plek met 24-17 teen Rustenburg gewen om die bronsmedalje te verower.
Verskeie ander spanne het ook hulle stempel op die toernooi afgedruk. Shayamoya het met ’n kragtige vertoning vir Upington met 29-14 geklop, Oranje het vir Duineveld met 19-14 getroef, en Paarl Girls het oortuigend met HTSM afgereken (27-13).
Rand Park het verras deur vir Potch Gim met 23-17 te klop, en Voortrekker het vir Ben Vorster met 27-22 uitgeskakel. Leifa Iziko het ook goed gevaar om met 27-17 teen Bukit Jalil te wen, terwyl Pearson ’n stewige sege van 25-12 oor Sentraal behaal het.
Hoewel daar uiteindelik net een wenner kon wees, het die diepte van talent en gees onder al die deelnemende skole die puik standaard van skolenetbal in Suid-Afrika herbevestig. Vanjaar se uitgawe van die SASN DStv Schools Challenge sal beslis onthou word as een van die mededingendste en opwindendste nóg.
Finale ranglys:
Botho: 1. Menlopark; 2. Paarl Gim; 3. La Rochelle; 4. Rustenburg; 5. AHMP; 6. Framesby; 7. Noordheuwel; 8. Nelspruit; 9. Shayamaya; 10. Oranje; 11. Paarl Girls; 12. PHS; 13. Upington; 14. Duineveld; 15. HTSM; 16. KHS; 17. Rand Park; 18. Voortrekker; 19. Ben Vorster; 20. Potch Gim; 21. Pearson; 22. Leifo Iziko; 23. Sentraal; 24; Bukit Jalil.
Ubuntu: 1. Nomzamo; 2. Lambolathi; 3. Kgapamadi; 4. Diepdale; 5. Tshiawelo; 6. Kgetsiyatsie; 7. Chief Ampie; 8. Veritas; 9. Tswelopele; 10. Khaisa; 11. Ntsu; 12. Ramotshere; 13. Masibonisane; 14. Adelaide Gim; 15. Themnalethu; 16. Friersdal; 17. Khanyisa; 18. Kayamandi.
Kwarteindronde:
Botho: Menlopark 30, Framesby 15; AHMP 17, Paarl Gim 19; La Rochelle 26, Nelspruit 14; Noordheuwel 19, RHS 20; Shayamaya 29,, Upington 14; Duineveld 14, Oranje 19; Paarl Girls 27, HTSM 13; KHS 13, PHS 24; Potch Gim 17, Rand Park 23; Ben Vorster 22, Voortrekker 27; Leifa 27, Bukit Jalil 17; Pearson 25, Sentraal 12.
Ubuntu: Chief Ampie 15, Kgapomadi 25; Lambolathi 20, Veritas 8; Tshiawelo 12, Nomzamo 26; Diepdale 22, Kgetsiyatsie 17; Ramotshere 17, Adelaide 16; Masibonisane 15, Tswelelopele 28; Friersdale 8, Khaiso 24; Ntsu 12, Thembalethu 8.
Halfeindronde:
Botho: Menlopark 21, La Rochelle 15; Paarl Gim 22, RHS 19.
Ubuntu: Kgapamadi 15, Namzamo 20; Lambolathi 29, Diepdale 17.
Uitspeelwedstryde:
Botho: 3/4: La Rochelle 24, RHS 17; 5/6: AHMP 28, Framesby 15; 7/8: Noordheuwel 24, Nelspruit 18; 9/10: Shayamaya 16, Oranje 12; 11/12: Paarl Girls 26, PHS 8; 13/14: Upington 24, Duineveld 20.
Ubuntu: 3/4: Kgapamadi 28, Diepale 25; 5/6: Tshiawelo 24, Kgetsiyatsie 17; 7/8: Chief Ampie 21, Veritas 17; 9/10: Tswelapele 29, Khaiso 14; 11/12: Ntsu 18, Ramotshere 12; 13/14: Adelaide 13, Masbonisane 16; 15/16: Thembalethu 27, Friersdale 6.
Ubuntu:
Eindstryd:
Botho: Menlopark 21, Paarl Gim 20
Ubuntu: Nomzamo 25, Lambolathi 17