Parkies jag NWU Sportreeks-titel in herontmoeting met Klofies

Dit sal soos déjà vu voel wanneer Die Hoërskool Menlopark en Hoërskool Waterkloof Saterdag in Boksburg weer in die eindstryd van die NWU Sportreeks swaarde kruis.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Dit is ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd toe die Klofies met 23-8 koning gekraai het.
Soos wat die geval was in 2024, is Parkies en Klofies weer vanjaar die enigste onoorwonne spanne in die reeks. Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Transvalia het welliswaar ook nie verloor nie, maar moes een wedstryd weens gure weer misloop.
Na afloop van die onlangse Noord/Suid-toernooi in Stellenbosch kan die gunsteling om vanjaar die titel in te palm dalk effens anders daar uitsien. Die Parkies het ‘n uitstaande toernooi in die Wes-Kaap beleef, met goeie seges oor Hoërskool Outeniqua (34-24) en HTS Drostdy (43-29).
Daarenteen, het die Klofies hul rieme met 0-66 styfgeloop teen Paarl Boys’ High, wat as ‘n verrasingspakkie by die toernooi ontpop het. Dié reuse nederlaag het egter die Pretorianers nie heeltemal ontspoor nie, en hulle het in ander wedstryde steeds ‘n manier gevind om te wen vanuit moeilike situasies.
Indien die Klofies se breinstrust besluit om, soos in die laaste wedstryd in Stellenbosch, vir hul staatmaker en kaptein, Ronan Bastiaanse op losskakel te los, kan dit ‘n hewige tweestryd met die Parkies se generaal, Andru Keun, afgee.
Keun se hoofdoel sal wees om die giftige Leskin Samuels aan sy buitekant los te laat. Dié Cravenweek-senter het vanjaar na hoogste versnelling oorgeskakel, vernaam wat sy venynige dartellopies betref.
Agsteman, Marko Kok, se tereugkeer na die beginspan kan vir die Klofies ‘n beduidende hupstoot bied, verál in ‘n eindstryd. Kok sal egter eers verby Parkies se haker, Declan Pleser, en die res van sy pak moet kom.
In nóg ‘n herhaling van ‘n 2024-eindstryd, pak HTS Middelburg vir Hoërskool Transvalia in die uitspeelwedstryd om die derde plek. Die vorige keer dat dié twee spanne ontmoet het, het dit ‘n titaniese stryd voorlangs afgegee, met die kragmeting in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling eindstryd wat met 24-24 gelykop geëindig het.
Die Rooi Bulle moet vir ‘n geruime tyd sonder staatmaker-senter en kaptein, Johnny dos Santos, klaarkom. Dos Santos bevind homself op die krukkelys na hy sy been teen die Klofies in die halfeindstryd gebreek het en word deur die ervare Anthoni Smuts in die middeveld vervang.
Hoërskool Dr EG Jansen, die gasheer op die dag, is oorgehaal om vir sy tuisskare iets te gee om oor te glimlag. Die Jansies hoop dat ‘n sege oor Hoërskool Kempton Park ‘n keerpunt in hul seioen kan wees. Dit is geen geheim dat die Jansies vanjaar sukkel nie, maar die Arende kan nooit afgeskryf word nie.
Die spanne:
Die Hoërskool Menlopark t. Hoërskool Waterkloof om 16:00 in Boksburg:
Menlopark: 15 Reihardt Herbst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Schäffner, 8 JN van Wyk, 7 Ruan Strydom, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagen Pretorius, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.
Waterkloof (moontlik): 15 Meyer Pretorius, 14 Jaiden Badenhorst, 13 Danré Tustin, 12 Aiden Bester, 11 Gustav Mienie, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Zack Jordaan, 8 Marko Kok, 7 Dawid Prinsloo, 6 Divan Botha, 5 Heinrich Naudé, 4 Phillip Mans, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliott.
HTS Middelburg t. Hoërskool Transvalia om 14:00 in Boksburg:
HTS Middelburg: 15 CJ Muller, 14 Ruwan Graaff, 13 Jacques Greyling, 12 Anthoni Smuts, 11 Reynhard Snyders, 10 WJ Enslin, 9 Reece Botha, 8 Tiaan Besuidenhout, 7 Reghard Blake, 6 Dewan Coetzee, 5 Griffen Devenish, 4 Ethan Kock, 3 C-Jay Potgieter, 2 Hanru Terblache, 1 Janco Botha.
Transvalia: 15 Tshepo Molakeng, 14 Dihan Crause, 13 Declan Hattingh, 12 Brandon Matthews, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stoltz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.
Hoërskool Dr EG Jansen t. Hoërskool Kempton Park om 08:30 in Boksburg:
EG Jansen (moontlik): 15 Deshean Pietersen, 14 Liam Hector, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Zain Ueckermann, 9 Joseph Diesel, 8 Dian Botha, 7 Jacques van Tonder, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Dewet Muller, 3 Deveraux Weideman, 2 Marco Ventura, 1 Marlo van der Merwe,
Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Wian Riekert, 13 Jethro Williams, 12 Ethan Botha, 11 Ettiene Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smit, 8 Lucca du Plooy, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Ruan Mostert, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Damian Slabbert, 1 Juan Olivier.