Parkies, Helpies, Paarlse meisies maak stem dik by Absa Wildeklawer
Vanjaar se Absa Wildeklawer-netbaltoernooi het op 1 Mei afgeskop met kragmetings van die hoogste gehalte waarin die land se top skole-netbalspanne hul vaardigheid, vasberadenheid en spanwerk uitgestal het.
Dit was van meet af aan duidelik dat daar verbete geveg sou moes word vir elke oorwinning.
Menlopark het hul uitstekende spelpeil voortgesit met indrukwekkende uitslae teen Framesby (29–18), Diamantveld (26–13) en Oranje (26–18). Die Parkies is beslis een van die spanne om dop te hou in Kimberley.
Paarl GHS het self op die voorgrond getree met ‘n oorwinning van 26–16 oor Marais Viljoen en het ook met Framesby (32–19) en La Rochelle (26–21) afgereken, danksy uitmuntende afronding. Stellenberg het Potch Gimnasium oorrompel met 38–13 en, met hul rostvaste verdediging, ook seges van 26–21 en 21–16 oor Rustenburg en Shayamoya behaal.
Paarl Gimnasium was blitsig en doelgerig op die aanval, en het hul stempel afgedruk met oorwinnings oor Affies (21–17), Rustenburg (24–13) en Shayamoya (36–12). Helpmekaar het bewys dat hulle ‘n span is om mee rekening te hou deur ook vir Affies (19–15) te klop, asook ‘n oorweldigende sege van 37–8 oor Potch Gimnasium.
La Rochelle het ‘n taai stryd teen Oranje met 21–20 gewen en ook vir Marais Viljoen met 22–12 verslaan. Framesby het die dag goed afgesluit met ‘n sege van 28–24 oor Marais Viljoen.
Die eerste dag in Kimberley het ongetwyfeld die toon aangegee, met die res van die gewilde Absa Wildeklawer-toernooi wat beloof om selfs opwindender netbal op te lewer.
Uitslae:
Paarl GHS 26, Marais Viljoen 16
Shayamoya 20, Rustenburg 15
AHMP 15, Helpmekaar 19
Oranje 17, Diamantveld 13
Menlopark 29, Framesby 18
Potch Gim 13, Stellenberg 38
AHMP 17, Paarl Gim 22
Oranje 20, La Rochelle 21
Menlopark 26, Diamantveld 13
Potch Gim 8, Helpmekaar 37
Shayamoya 16, Stellenberg 21
Paarl GHS 32, Framesby 19
La Rochelle 22, Marais Viljoen 12
Paarl Gim 24, Rustenburg 13
AHMP 35, Potch Gim 17
Oranje 18, Menlopark 26
Paarl GHS 26, La Rochelle 21
Shayamoya 12, Paarl Gim 36
Rustenburg 21, Stellenberg 26
Marais Viljoen 24, Framesby 28
- Parkies se seisoen van glorie - 2025-10-06
- Nasionale erkenning vir Bayisa en Moloise weerspieël Middies se sukses - 2025-09-30
- Top-4 Rusties leef hul droom - 2025-09-29