Paarl Girls mik vir DStv Challenge-halfeind
Nadat hulle verlede jaar die halfeindronde van die DStv Schools Netball Challenge net-net misgeloop het, is Paarl Girls’ High vasbeslote om vanjaar sukses te behaal.
Hulle gaan op 12 en 13 Junie vir die derde keer aan die kompetisie deelneem by Hoërskool Florida. Marli Visagie, een van die afrigters, sê hulle is dankbaar om weereens vir die kompetisie te kon kwalifiseer en die span se harde werk deur die seisoen is beloon.
Paarl Girls’ High sonder geen enkele span uit as hul grootste kompetisie nie en beklemtoon dat elke wedstryd uitdagend sal wees.
Hulle kom Vrydag om 10:10 te staan teen Hoërskool Diamantveld van Kimberley en sal ook poelwedstryde teen Hoërskool Pietersburg, Bulelani en Sikhululu speel.
Die span spog met vier uitblinkers, Janie Visser, wat deel was van die o.17 SA-span en aangewys was as die beste senter by die TNC-toernooi; Anke Stofberg en Elzahn Nel wat deel was van die top-35 SA o.18-groep; en Jenna Haywood van die top-35 SA o.19-groep.
Paarl Girls’ High: Sophia Wium, Anke Stofberg (kaptein), Isabella Cook, Kyla Sabbagha, Cara Els, Mine vd Walt, Elzahn Nel (onderkaptein), Jenna Haywood, Janie Visser, Angie Cook.
Afrigters: Janke Visagie, Carine Schultheiss. Fisio: Hanke.
For everything you need to know about the DSTv Schools Netball Challenge, click here.




