Paarl Gim ernstige aanspraakmaker op DStv Challenge-titel
Paarl Gimnasium het in 2023 die tweede plek by die DStv Schools Netball Challenge behaal, en dit kom as geen verrassing dat hulle vanjaar steeds een van die top netbalspanne is nie.
Die span het hul plek in die uitdaagreeks verdien deur tweede te eindig in die Wes-Kaap DStv Challenge.
Renske Stoltz, afrigter van Paarl Gim, sê dis ‘n voorreg om teen van die land se beste skole mee te ding en hulle koester die geleentheid om as span vir ‘n laaste keer saam te speel.
Paarl Gim se strafste mededinger bly Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies), teen wie hulle verlede jaar in die eindstryd die knie gebuig het.
Die span beskik ook oor twee uitblinkers, kaptein Elené Vosloo en onderkaptein Jana Martin, wat albei gekies was vir die SA top-35-groep na die TNC-toernooi. Jana is ook uitgewys as die beste middelbaanspeler op die toernooi.
Paarl Gimnasium: Milla Barnard, Anja Smit, Leané Otto, Carly Basson, Marli Matthee, Jana Martin, Elené Vosloo, Annabella Wiese, Cathryn Botes, Karla Mostert, Eloné Dippenaar.
Leana Lourens (spanbestuurder), Andrea Koch (mediese personeel).
For everything you need to know about the DSTv Schools Netball Challenge, click here.




