SuperSport Schools Plus

NWU Super 16 gekenmerk deur netbal van hoogstaande gehalte


Die onlangse NWU Super 16-reeks was weer ‘n uitstalvenster vir netbalspanne van regoor die land om hul vaardighede, spanwerk en deursettingsvermoë op die baan ten toon te stel.

Sommige oorwinnings is met oortuiging behaal, terwyl ander op die spreekwoordelike mespunt beslis is.

Ben Viljoen het groot indruk gemaak met ‘n indrukwekkende oorwinning van 38–16 teen Volksrust. Die wenspan het van meet af aan momentum gebou en hul teenstanders min ruimte gelaat om te herstel.

Leeuwenhof Akademie het ‘n ewe indrukwekkende sege van 39–29 oor Schoonspruit (NW) behaal, in ’n kragmeting waar beide spanne op die aanval gedreig het, maar Leeuwenhof se beter afronding het uiteindelik die deurslag gegee.

Een van die spannendste kragmetings van die reeks was tussen Pionier en Ellisras, met Pionier wat net-net met 32–30 die knoop deurgehak het. Dit was ’n riller van ‘n stryd met die uitslag wat tot in die laaste sekondes in die weegskaal was.

Hoërskool Alberton het ook as oorwinnaars uit die stryd getree met ‘n swaarverdiende sege van 27–25 oor ’n vasberade Vryburg, terwyl Hans Strijdom daarin geslaag het om Wolmaransstad met 22–20 te troef in nóg ’n naelbytstryd waar verdediging ’n sleutelrol gespeel het.

Sarel Cilliers (Glencoe) het vir Warmbad geklop met 22–18 danksy doelgerigte spel en netjiese spanwerk. Ferrum het met 25–15 die botoon gevoer oor Pretoria-Noord, terwyl Riebeeckrand se goed gestruktureerde spel aan hulle ‘n oorwinning van 24-19 besorg het oor Fochville.

Uitslae:

nt_header_1nt_header_2nt_header_3Score
Ferrum25Pretoria Noord15
Pionier32Ellisras30
Ben Viljoen38Volksrust16
Sarel Cilliers (Glenco)22Warmbad18
Riebeeckrand24Fochville19
Hoërskool Alberton27Vryburg25
Hans Strijdom22Wolmaransstad20
Leeuwenhof Akademie39Schoonspruit (NW)29
Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.