NWU Sportreeks skop dié naweek af
Die NWU Sportreeks loods hierdie naweek en laat weer van Suid-Afrika se beste skolenetbal-talent kragte meet. Die Sportreeks, bekend vir die hoë gehalte spel en intense mededinging wat dit jaarliks oplewer, bring top netbalskole teen mekaar te staan op die baan.
Die openingswedstryd tussen Hoërskool Middelburg en Dr. EG Jansen beloof reeds om ‘n kragmeting van formaat te lewer. As van die beste skole in die land, elk met ‘n ryke sportgeskiedenis, behoort Middies se fisieke benadering tot die spel teenoor EG Jansen se vinnige, dinamiese styl ‘n boeiende stryd af te gee. Die ondersteuners kan uitsien na ‘n spel gevul met aksie, passie en beslissende oomblikke.
Hoewel Eldoraigne en Menlopark se wedstryde nog nie finaal bevestig is nie, ly dit geen twyfel dat hierdie twee spogskole ook ‘n groot impak op die reeks kan hê nie. Beide skole is bekend vir hul uitmuntende sportprestasies en hul deelname beloof om die kompetisie verder te versterk.
Die NWU Sportreeks bied ‘n verhoog vir die skouspel van talent, toewyding en onverbiddelike geesdrif. Sportliefhebbers kan uitsien na ‘n naweek van topgehalte netbal en aksiebelaaide wedywering. Hou gerus dop vir opdaterings en uitslae soos die reeks vorder.
Bepalings:
Hoërskool Middelburg t. Dr. EG Jansen
08:15 o. 14 B, o. 15 A, o. 16 B, o. 14C
08:55 o. 17 A, o. 16 A, o. 15 B
09:40 Tweedes, o. 14 A, o. 15 C, o. 17 B
10:30 Eerstes
- Parkies se seisoen van glorie - 2025-10-06
- Nasionale erkenning vir Bayisa en Moloise weerspieël Middies se sukses - 2025-09-30
- Top-4 Rusties leef hul droom - 2025-09-29