SuperSport Schools Plus

NWU Pukke Skouspel bepalings vir 2015

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-02-17 Tags: ,

Die jaarlikse NWU Pukke Skouspel sal vanjaar slegs twee wedstryd-dae hê. Die Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Garsfontein en Glenwood sal ook nie vanjaar op die Skouspel in aksie wees nie. Kearsney-kollege is die enigste nuweling wat vanjaar in Potchefstroom sal speel. Die toernooi se wedstryde sal op 28 en 30 Maart beslis word.

Die span van KwaZulu-Natal se eerste kragmeting sal teen Noord-Kaap van Kimberley wees. Die span van die Diamantstad sal op die tweede dag teen Transvalia sake uitspook. Waterkloof van Pretoria sal teen Framesby en HTS Drostdy in sy twee wedstryde te staan kom. Albei die kragmetings is die hoofwedstryde van die onderskeie dae. 

Die bepalings: 

28 Maart 2015 

11:00 – Potchefstroom Gimnasium vs. Transvalia
12:20 – Hoërskool Rustenburg vs. Florida
13:40 – Noord-Kaap vs. Kearsney-kollege
15:00 – Hoërskool Klerksdorp vs. HTS Drostdy
16:20 – Framesby vs. Waterkloof 

30 Maart 2015 

09:30 – Noord-Kaap vs. Transvalia
10:50 – Hoërskool Klerksdorp vs. Kearsney-kollege
12:10 – Potchefstroom Gimnasium vs. Florida 
13:30 – Framesby vs. Hoërskool Rustenburg
14:50 – Waterkloof vs. HTS Drostdy 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.