SuperSport Schools Plus

NWU Prestige-reeks: Vyf groot kragmetings hierdie naweek

By Felicia Erasmus , in Netball | News , at 2024-04-05

 

Dit is weer tyd vir die NWU Prestige-reeks, met 10 spanne wat by verskeie sportgronde bymekaarkom om die naweek se wenners te bepaal.

Hoërskool Noordheuwel skop die naweek se verrigtinge af teen Hoërskool Klerksdorp, om 10:00 by Noordheuwel.

Hoërskool Hugenote (Springs) speel tuis teen Hoër Volkskool Heidelberg om 10:45, terwyl Hoërskool Wesvalia ook tuis teen Hoërskool Oosterlig te staan kom om 11:10, en, in dieselfde tydgleuf, sê Hoërskool Montana vir Hoërskool Rustenburg die stryd aan by Montana.

Die dag sluit om 15:30 af met ‘n kragmeting tussen Hoërskool Marais Viljoen en Hoërskool Zwartkop, wat die kroon behoort te span op ‘n uiters opwindende naweek van netbal-aksie.

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.