NWU Prestige-reeks: Sewe opwindende wedstryde die naweek
 Die NWU Prestige-reeks gaan sy tweede naweek in met spanne van die Noordvaal wat slaggereed is om kragte te meet.
Die NWU Prestige-reeks gaan sy tweede naweek in met spanne van die Noordvaal wat slaggereed is om kragte te meet.
Hierdie naweek vind daar sewe opwindende wedstryde plaas, met al 14 spanne wat vasberade is om vanjaar met die louere weg te stap.
Die naweek se aksie skop af met ‘n tuiswedstryd vir Hoërskool Rustenburg, wat om 10:40 teen Hoërskool Wesvalia te staan kom. Hoërskool Marais Viljoen en Hoërskool Jeugland gaan ook om 10:40, by Marais Viljoen, sake uitspook.
Hoërskool Lichtenburg gaan kragte meet met Hoërskool Pietersburg om 10:40 in Lichtenburg, terwyl Hoër Volkskool Potchefstroom tuis om 10:45 vir Hoërskool Zwartkop die stryd aansê.
Daarna pak Potchefstroom Gimnasium om 10:40 vir Hoërskool Die Anker, by Gimmies, en speel Hoërskool Montana (BB) teen Hoërskool Oosterlig om 11:10 by Montana.
Die laaste wedstyd vir die dag, om 11:50, is tussen Hoërskool Hugenote (Springs) en Hoërskool Klerksdorp.
Al die wedstryde vind op Baan 1 plaas.
 
  
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 