SuperSport Schools Plus

Noordwes se kampioen van die DStv Schools Challenge Saterdag gekroon

By Felicia Erasmus , in Featured | Main Netball | Featured Netball | News , at 2025-06-06 Tags: , , , , , , , , , ,

Die komende naweek is dit Noordwes se beurt om deel te neem aan die DStv Schools Challenge by Potchefstroom Gimnasium.

Sestien skole van die Noordwes-provinsie gaan teen mekaar uitspeel om die top skool van provinsie te bepaal.

Die DStv Schools Challenge, is ‘n goeie geleentheid vir spelers om blootstelling te ontvang, deur teen die top spelers van die provinsie te speel.

Die spanne speel almal teen mekaar uit om deur te gaan na die nasionale DStv Schools Challenge wat in Julie 2025 gaan plaasvind.

Die skole is opgedeel in Botho en Ubuntu groepe, Die Ubuntu groep is die skole wat nie baie blootstelling kry aan groot kompetisies nie, dit waar die DStv Schools Challenge hulle die geleentheid bied om raak gesien te word.

Elke groep het hulle eie kwarteindrondes, halfeindrondes en eindstryd. Die wenners van die finaal gaan dan deur na die nasionale DStv Schools Challenge.

Die groepe is: 

Groep A: Hoërskool Klerksdorp, Christiana, Matlaitsane, Kanana.

Groep B: Potchefstroom Volkies, Bergsig, Zeerust, Lerona.

Groep C: Potchefstroom Gimnasium, Hartebeespoort, Kgapamadi, Khumosejo.

Groep D: Lichtenburg, Hoërskool Rustenburg, Iketleetso, Ramoshere.

Bepalings vir Saterdag, 7 Junie 2025:

08:30: Matlaisane vs Kanana; Potchefstroom Volkies vs Lerona; Hartbeespoort vs Potchefstroom Gimnasium; Iketleetso vs Ramoshere; Bergsig vs Zeerust; Kgapamadi vs Khumosejo; Hoërskool Rustenburg vs Lichtenburg; Hoërskool Klerksdorp vs Christiana.

09:35: Hoërskool Rustenburg vs Iketleetso; Potchefstroom Gimnasium vs Kgapamadi; Potchefstroom Volkies vs Zeerust; Klerksdorp vs Kanana; Lichtenburg vs Ramoshere; Hartbeespoort vs Khumosejo; Christiana vs Matlaisane; Bergsig vs Lerona.

10:40: Potchefstroom Gimnasium vs Khumosejo; Hoërskool Rustenburg vs Ramoshere; Potchefstroom Volkies vs Bergsig; Kgapamadi vs Hartbeespoort; Lichtenburg vs Iketleetso; Zeerust vs Lerona; Hoërskool Klerksdorp vs Matlaisane; Christiana vs Kanana.

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.