SuperSport Schools Plus

Nelspruit en Garsies in eindstryd van Beeldtrofee

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-08-18 Tags: ,

Die eerste rugbyspanne van Hoërskool Nelspruit en Garsfontein pak mekaar in die eindstryd van die Beeldtrofee. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van die reeks.

Die Blou Bul-kampioenspan, Garsfontein, het vir die eerste keer in sy geskiedenis deurgedring tot die eindstryd van die Beeldtrofee deur EG Jansen in een van die opwindendste skolewedstryde vanjaar met 32-29 te klop.

In die Laeveld het die Witrenosters van Nelspruit verrassend met Monnas se Witbulle afgereken om vir die tweede keer in sy geskiedenis na die eindstryd deur te dring.

Nelspruit het Monnas met 24-19 afgestof.

Garsfontein het in sy klipharde en soms geniepsige stryd teen EG Jansen goed begin en die enkele geleenthede in die eerste helfte gebruik om gemaklik teen rustyd met 19-5 voor te loop.

Garsfontein het gou voorgeloop deur twee keer te gaan druk. EG Jansen kon slegs met ‘n drie in hierdie helfte antwoord.

Die enkele keer wat die Jansies in hierduie helfte Garsfontein se verdediging kon klop, was toe hy die spel vining gemaak het en die Pretorianers se verdediging vir die eerste keer bes gegee het.

Garsfontein se verdediging was ’n uitstaande kenmerk van hierdie helfte en het die Jansies min beweegruimte gegee en het die Boksburgers gesukkel om op die voorvoet te kom.

Die eerste helfte is hoofsaaklik voorlangs beslis met Garsfontein wat baas in die los gespeel het en verskeie kere omgekeerde balbesit verkry het. Die flank en kaptin van Garsfontein, Ruan Ackermann, het ’n barshou in die los gespeel.

Garsies het kort voor rustyd en aan die begin van die tweede helfte EG Jansen se droom om die Beeldtrofee suksesvol te verdedig ’n nekslag toegedien toe hy twee keer gaan druk het om ’n byna onaanvegbare voorsprong van 26-5 te hê. Die trotse Boksburgers het nie bes gegee nie en het sy terugvegpoging hierna vir aanskoulike en opwindende rugby gesorg. EG Jansen het stelselmatig die agterstand uitgewis deur nog vier keer te gaan druk om kort voor die einde die telling gelyk met 29-elk te laat trek.

Die slot en kaptein, Quinton van der Schyff, het sy troepe voorlangs gelei en ook twee keer gaan druk.

’n Omstrede strafskop in die laaste minuut het aan Garsfontein se losskakel, JP Wegner, die geleentheid gebied om die wedstryd te beklink.

Beeld-trofee-eindstryde

Makro skole (Al die wedstryde vind by Nelspruit plaas.
Eerste spanne: Nelspruit t. Garsfontein
o.16: EG Jansen t. Monnas
o.15: EG Jansen t. Monnas
o.14: Garsfontein t. Monnas

Groot skole (Al die wedstryde vind by Hoërskool Klerksdorp plaas)
Eerste spanne: Hoërskool Klerksdorp t. Transvalia
o.16: Pietersburg t. Ben Vorster
o.15: Lichtenburg t. Helpmekaar
o.14: Frikkie Meyer t. Ben Vorster

Medium skole (Al die wedstryde vind by Hans Strijdom plaas)
Eerste spanne: Hans Strijdom t. Vryburg
o.16: Ellisras t. Vryburg
o.15: Ben Viljoen t. Wesvalia
o.14: Ellisras t. Wesvalia

Klein skole (Al die wedstryde vind by Schweizer Reneke plaas)
Eerste spanne: Schweizer Reneke t. Koster
o.16: Curro Heuwelkruin t. Schweizer Reneke
o.15: Curro Heuwelkruin t. Koster
o.14: Schweizer Reneke t. Zeerust

Middelskole (Al die wedstryde vind by Alberton High plaas)
Eerste spanne: Alberton High t. Belvedere
o.16: Roodepoort t. Bergvlam
o.15: Alberton High t. Queens
o.14: Kriel t. Bergvlam.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.