SuperSport Schools Plus

Naweek van waarheid breek aan in JOMO-liga

By Shane Labuschagne , in Netball | Featured Netball | News , at 2025-06-06 Tags: , , , , , , ,

Met die eindstreep in sig gaan hierdie naweek se kragmetings in die JOMO-liga beslissend wees om te bepaal watter vier spanne deurdring na die uitspeelrondes vir die Gauteng-kampioenskap.

Na ’n seisoen vol dramatiese oomblikke, fyn afronding en uitklophoue, is dit nou of nooit vir die spanne wat nog hoop om hul plek in die uitspeelstruktuur te verseker.

Helpmekaar, wat tot dusver nog onoorwonne is, is bo aan die puntelys en reeds gewaarborg van ’n plek in die top-vier. Helpies het die afgelope week weer hul oorheersing tentoongestel met ’n kragtige oorwinning van 39–10 oor Linden – ’n span wat self nog klou aan ‘n laaste kans om die uitspeelronde te haal.

Noordheuwel sit gemaklik tweede, maar hul posisie is nie onaantasbaar nie. Hulle het net-net met 26–25 teen Rand Park gewen in een van die spannendste kragmetings van die week. Dié uitslag stel Rand Park se posisie op die puntelys nou in gevaar, met Monument wat heelwat selfvertroue kon put uit hul oortuigende sege van 37–15 oor Krugersdorp.

Florida het hul kanse ook aan die lewe gehou met ’n naelskraapse sege van 20–19 oor Randburg, maar benodig sowel ‘n gunstige uitslag as ‘n bonuspunt om enigsins ’n realistiese kans te staan om in die top-vier te glip.

Met die puntelys wat as volg daar uitsien, is daar geen ruimte vir fouteer meer nie:

  1. Helpmekaar

  2. Noordheuwel

  3. Rand Park

  4. Monument

  5. Linden

  6. Krugersdorp

  7. Florida

  8. Randburg

Slegs die boonste vier spanne sal deurdring na die Gauteng-uitspele. Met ‘n enkele ronde wedstryde oor, kan daar nog heelwat skommelinge op die puntelys plaasvind.

Monument en Rand Park is in direkte kompetisie vir die vierde en laaste plek, en selfs Noordheuwel kan nie hul posisie as vanselfsprekend aanvaar nie. Helpmekaar is die enigste span wat gemaklik kan asemhaal, maar vir die res is dit ’n stryd tot die laaste fluitjie.

Hierdie naweek gaan nie slegs bepaal wie deurdring nie – dit gaan ook aandui wie die ware kampioenspanne is.

Uitslae:

Krugersdorp 15 , Monument 37

Helpmekaar 39, Linden 10

Randburg 19, Florida 20

Rand Park 25, Noordheuwel 26

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.