SuperSport Schools Plus

Min te kies in opwindende interskole tussen Durbies en Stellies

By Shane Labuschagne , in Netball | Featured Netball | News , at 2025-08-17 Tags: ,

Foto verskaf deur MB fotografie

Durbanville en Stellenberg het die naweek kragte gemeet in ’n reeks skouspelagtige wedstryde wat elkeen tot die laaste fluitjie vir hope opwinding gesorg het.

Die hoofwedstryd tussen die eerste spanne het verál ‘n naelbytstryd, en doele by die dosyne, opgelewer, met Durbies wat uiteindelik met 39-34 die wat deur die drif kon trek

In die o.15A-wedstryd was dit Stellenberg wat die pyp gerook het met ook ’n naelskraapse oorwinning van 20-17. Durbanville het egter hul stem dik gemaak in die o.16A-afdeling, waar hulle met 23-17 vir Stellies die loef afgesteek het.

Die o.17A-span van Durbanville het dapper weerstand gebied, maar moes uiteindelik met 20-24 die aftog blaas teen Stellenberg in nóg ’n kragmeting wat tot die doodsnikke in die weegskaal was.

In die laaste wedstryd van die dag, tussen die o.19A-spanne, het groot geesdrif geheers met Durbanville se eerstes wat uiteindelik oorwinning gesmaak het met vyf doele. Dié interskole het bevestig dat beide skole oor heelwat talent beskik en dat die tradisionele wedywering tussen die skole nog kerngesond is.

Uitslae:

o.15A: Stellenberg 20, Durbanville 17
o.16A: Durbanville 23, Stellenberg 17
o.17A: Stellenberg 24, Durbanville 20
o.19A: Durbanville 39, Stellenberg 34

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.