Middies sluit 2025 op ’n hoë noot af

HTS Middelburg se eerste netbalspan het hul reputasie as een van Mpumalanga se topskole vanjaar gestand gedoen.
Die span se uitsonderlike samewerking, vasberadenheid en taktiese groei het verskeie hoogtepunte deur die loop van die seisoen tot gevolg gehad, met hul triomf by die Mpumalanga o.18A-kampioenskap as die kersie op die koek.
Benewens dié prestasie het Middies ook sukses behaal by die Sportisimo-toernooi, waar hulle as o.18A-wenners gekroon is. Hul deelname aan die Topskole-toernooi, waar hulle 15de in die land geëindig het, het bevestig dat hulle op nasionale vlak kan meeding teen van die sterkste spanne in Suid-Afrika.
Die skool kan boonop trots wees op die vyf provinsiale spelers wat gedurende die seisoen uit hul geledere opgelewer en ’n toonbeeld is van die gehalte spelers wat HTS Middelburg jaarliks ontwikkel.
Volgens die afrigtingspan het die groep se grootste groei gelê in hul vermoë om as ’n eenheid op die baan te funksioneer. Die spelers het deurentyd as ’n span beweeg, kommunikeer en saam baklei, iets wat duidelik in hul wedstryde na vore gekom het. ’n Merkbare verbetering is ook in hul taktiese verdediging opgemerk, wat dikwels die verskil beteken het tussen wen en verloor in naelskraapse kragmetings.
Nicola Smith het deur die loop van die seisoen uitgetroon met haar konsekwente spel, harde werk en deurlopende groei, en is welverdiend aangewys as HTS Middelburg se Speler van die Jaar.
Uitslae:
Liga & Toernooie:
Steelcrest 49–8
Delmas 38–7
MHS 32–28
HTSW 29–23
HGH 54–7
Sibon 41–6
Sial 47–3
Bergvlam 44–5
Secunda 26–12
MHS 22–19
Nelspruit 25–14
Suid-Afrikaanse Skole:
Nomzamo (WCU1) 31–22
KHS (NWP2) 22–18
Bukit Jalil 43–14
Diepdale (GU2) 31–18
Khanyisa (ECU1) 38–6
Eindig eerste in groepwedstryde
Uitspele:
Nelspruit 17–20
Paarl Girls’ 13–27
Upington 22–24
KHS 28–16
Eindig 15de by SA’s
- Middies sluit 2025 op ’n hoë noot af - 2025-10-22
- Helpies die beste netbalskool in die land - 2025-10-16
- Rautenbach, Holtzhausen span saam om Oranje na nuwe hoogtes te lei - 2025-10-14



