Maritzburg College 150th Festival – Day 2
Die wedstryd het afgeskop met Rondebosch wat van die begin af geweldig baie druk op Monument geplaas het en in die eerste 10 minute was al die spel in Monument se halfgebied.
Rondebosch het verskeie strafskoppe gekry vir hulle wat binne trefaftand was, maar elke keer lyn toe gemik. Hanteerfoute het hul in die steek gelaat.
Die stut, K Whyte het gaan druk na ‘n dryfmaalbeweging vanaf ‘n lynstaan na nog ‘n strafskop teen Monument. Die verdoelskop was mis en die telling 5-0 vir Rondebosch.
Monument het van die afskop af meer beheer begin kry en vir ‘n goeie tydperk op Rondebosch se doellyn geboer. Na ‘n strafskop wat ‘n lynstaangeleentheid vir Monnas geskep het, het die agtsteman, W Jacobs oorgeduik van ‘n dryfmaalbeweging. Die senter, G van der Walt het verdoel om aan Monument die eerste keer die voortou te geem met die telling op 5-7 in Monnas se guns.
Monument het kort na hul eerste oorgegaan vir hul tweede na die agtsteman, Jacobs, in die hoekie gaan druk het na goeie fases aanmekaar gesit is. Van der Walt het die drie vanuit die hoekieverdoel om die telling teen halftyd 5-14 in Monument se guns te maak.
Die tweede helfte het albei skole gereeld kanse weggegooi en geen span kon enige punte toevoegings tot die telbord maak nie.
Die eindtelling 5-14 in Monument se guns.
Wedstryd 2: Dale vs KZN Development, 43-0
Die wedstryd het afgeskop met Dale College wat die bal vanuit elke hoek wou hardloop. Hulle is beloon met ‘n strafskop wat die buitesenter, P Nompandana oorgeklits het, om die telling 3-0 te maak vir Dale College.
Kort daarna was die KZN span op die doellyn van Dale, maar ‘n hanteerfout het veroorsaak dat die bal losgespat het.
Die blitsige Dale vleuel, B Mvolontshi, het die bal geskop en goed opgevolg. Die bons was reg en in sy hande in wat hom toegelaat het om onder die pale te kan druk. Die drie is verdoel deur Nompanada en Dale 10-0 voor.
Die Dale stut, B Ponono, het kort daarna met ‘n dryfmaalbeweging oorgeduik en Nompandane het verdoel om die telling 17-0 te maak vir Dale.
Dale se buitesenter, het ‘n goeie dag beleef, en ‘n briljante individuele drie gaan druk waar hy verskeie spelers gesystap het om oor te duik. Hy het sy eie drie verdoel en die telling was 24-0 in Dale se guns.
Die telling het tot halftyd dieselfde gebly.
Die tweede helfte het begin met Dale wat sukkel om hul ritme van die eerste helfte te vind. Howel daar verskeie belowende bewegings was, het hantering hul in die steek gelaat.
Dale het ‘n skrum op KZN se doellyn gekry en na na goeie spel deur die agterlyn het die vleuel, L Kenene gaan druk.
Die doelskop was mis en die telling 29-0 in Dale se guns.
Dale het nader aan die einde weer hul ritme gevind en die buitesenter, Nompandana, is oor vir sy tweede wat hy ook verdoel het om die telling 36-0 te maak.
Die manne van Dale het die wedstryd op ‘n hoë noot afgesluit toe die ander vleuel, L Mudvova ook gaan druk het, met Nompandana wat verdoel het om die eindtelling 43-0 in Dale se guns te maak.
Jeppe het afgeskop met ‘n sterk wind wat teen hulle gewaai het, maar het glad nie dat dit hulle onderkry nie. Die Jeppe heelagter, S. Sibande, het sy span vroeg in die wedstryd laat voorloop met 3-0 na ‘n strafskop.
Jeppe het baie druk op Queen’s geplaas en die vleuel, S. Nkosi, het ‘n pragdrie gaan druk waar hy deur verskeie verdedigers gesuiker het om onder die pale te druk. Sibande het verdoel om Jeppe 10-0 voor te laat loop.
Queen’s het terug geslaan met ‘n drie deur die losskakel, S. Bolze, wat ook verdoel het om Queen’s binne trefafstand te bring met die telling op 10-7 in Jeppe se guns.
Jeppe het egter dadelik terug geslaan met ‘n drie deur die agtsteman, D. Hill. Die heelagter, Sibande, het verdoel. 17-7 in Jeppe se guns.
Dit was ook die haftydtelling.
Die tweede helfte het Jeppe eerste punte op die bord gekry deur middel van ‘n strafskop deur die heelagter, S. Sibande om die voorsprong tot 20-7 te vergroot.
Queen’s se reuse flank, T. Sam, het gaan druk na hy sy pad oopgestamp het en Jeppe nie kon keer nie. Die doelskop was mis en die telling 20-12 in Jeppe se guns.
Eindtelling 20-12 vir Jeppe.
Noord-Kaap vs Maritzburg College, 24-24
Die gasheerskool het die wedstryd ingegaan na ‘n wen oor Grey (PE) op dag 1. Noord-Kaap het egter van die begin af soos die beter span gelyk met goeie dryf en hardlooprugby.
Noord-Kaap het eerste op die bord gekom nadat die flank, N Graaff gaan druk het. Die doelskop was mis. Telling: 5-0 vir Noord-Kaap.
Maritzburg het kort daarna terug geslaan met ‘n strafskop deur die losskakel, J Koekemoer, om die telling 5-3 vir Noord-Kaap te maak.
Noord-Kaap het hul tweede gaan druk na ‘n goeie lopie. Die keer was dit die slot, L Muller. Die doelskop is oorgesit deur die losskakel, D Tieties om die telling 12-3 vir Noord-Kaap te maak.
Maritzburg het net voor haftyd teruggeslaan met ‘n goeie lynstaandryf wat die haker, V Khatide, en die buitesenter, M. Coetzee het verdoel om die halftydtelling 12-10 in Maritzburg se guns te maak.
Die tweede helfte het begin met Maritzburg op die aanval. Hulle het amper die voortou geneem, maar hantering het hul in die steek gelaat.
Na ‘n goeie breekslag deur Noord-Kaap het Maritzburg se vleuel ‘n gevaarlike duikslag op ‘n Noord-Kaap speler uitgevoer reg voor die doellyn. Hy is met ‘n geelkaart afgestuur.
Noord-Kaap het van die geleentheid gebruik gemaak en die vleuel, L Becker het gaan druk. Die doelskop was mis en Noord-Kaap 17-10 voor.
Maritzburg het ‘n strafdrie gekry na ‘n speler van Noord-Kaap die bal doelbewys uit ‘n speler van Maritzburg se hande geslaan het op die doellyn. Coetzee het verdoel om die telling 17-17 te maak met 15 minute se speeltyd oor.
Die laaste 10 minute het briljante rugby van albei spanne opgelewer en nog “n drie vir Maritzburg College het die voortou aan hlle besorg met slegs ‘n paar minute oor. Coetzee het verdoel om die telling 24-17 in Maritzburg se guns te swaai.
Reg voor die einde het Noord-Kaap deur gebreek en oorgeduik vir ‘n drie. Die doelskop deur Tieties was suksesvol en die telling 24-24.
Albei spanne het verbete probeer om die wenpunte aan te teken, maar kon nie deur die verdediging kom nie.
Eindtelling 24-24.
Affies vs Grey PE, 31-3
In die hoofwedstryd van die dag het twee groot rugbyreuse teen mekaar te staan gekom.
Die wedstryd het afgeskop met Grey wat direk ‘n geelkaart gekry het na ‘n speler vir ‘n speler van Affies in die lug probeer duik het.
Kort hierna het Affies egter ook ‘n geelkaart gekry na ‘n gevaarlike duikslag op ‘n Grey speler.
Grey het die geleentheid gebruik om pale toe te mik en die losskakel, K Vers, het verdoelom Grey 3-0 te laat voorloop.
Affies het egter dadelik terug geslaan en ‘n goeie drie deur die losskakel, D Hendricks, nadat hy in Grey se gebied op ‘n los bal gespring het. I van Zyl het verdoel om die telling 7-3 in Affies se guns te swaai.
Die manne van Pretoria het doelgerig gespeel en ‘n goeie drie deur die linker vleuel, Thys van Wyk, het Affies se voorsprong na 12-3 vergroot na die doelskop mis was.
Die telling het so gebly tot halftyd.
Die Wit Bulle van Pretoria het die tweede helfte teen ‘n vinnige spoed begin en die agtsteman, J Slabbert, het oorgeduik om die telling 19-3 te maak na Van Zyl verdoel het.
Grey High het Affies se lynstane baie ontwrig, maar kon nie dit in punte omskep nie. Affies se lynstane het gereeld onder skewe ingooie gely.
Affies se kookwaterflank, D Bezuidenhout het sy naam ook op die telbord toegevoeg na ‘n drie van sy eie. Die doelskop was mis en die telling 24-3 in Affies se guns.
Die verskil was egter dat Affies se verdediging rotsvas was en met ‘n gevaarlike agterlyn het hulle Grey laat les opsê toe Affies se SA-Skole buitesenter, Jurie Linde, ‘n ongelooflike drie gaan druk het waar hy sy hakskene vir verskeie Grey-verdedigers gewys het en goed 40meter gehardloop het om te gaan druk. Van Zyl het die 2 punte by gevoeg en Affies was 31-3 voor.
Grey het nie antwoorde gehad nie, maar krediet moet aan hul slotpaar, V Moss en T Ngugudo, gaan wat Affies laat sukkel het om hul eie bal te wen in die lynstane.
Affies se skrumskakel, Ivan van Zyl het man van die wedstryd gekry na ‘n hy goeie dag beleef het waar hy gereeld verdedigers aan die raai gehad het.
Eindtelling 31-3
Deur Wim Pretorius
- Bishops bags crucial victory over Boishaai in Schools SA20 - 2025-01-24
- Nini the Chief Destroyer of Samoa at the ICC u19 Women’s World Cup - 2025-01-20
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16