Marais Viljoen skuif op na A-liga
Marais Viljoen van Alberton sal volgende jaar saam die groot honde in die Valke/Leeus/Luiperds se liga vir Makroskole blaf.
Dié skool het verlede jaar die B-afdeling van dié liga gewen en het daarom tot die A-afdeling opgeskuif.
Florida, wat laaste in die A-afdeling geëindig het, is na die B-afdeling afgeskuif.
Vereeniging-Gimnasium het besluit om volgende jaar in die Grootskole-afdeling te speel. Met Gimmies wat uitskuif, was dit dalk die ideale geleentheid vir die Beeld Noordvaal Trofee se Grootskole-kampioen, Helpmekaar-kollege, om die Makroskole-afdeling te betree.
Helpies is gewis een van die voorste rugbyspanne noord van die Vaalrivier. Dié skool behoort in 2016 weer ’n eerste span te hê om mee rekening te hou.
Die twee voorste spanne in die A-afdeling, Monument van Krugersdorp en EG Jansen van Boksburg, sal mekaar op 15 Junie pak. Monnas sal die gasheer vir die wedstryd wees.
Monnas wat vanjaar die liga onoorwonne afgesluit het, sal hul aanslag teen die Hoërskool Rustenburg weg van die huis afskop.
Monnas het wel vanjaar gelykop teen Kempton Park in die liga gespeel.
E.G. Jansen sal sy aanslag teen Kempton Park afskop. Jansies en Monnas het vanjaar in die halfeindronde van die Beeld Noordvaal Trofee teen onderskeidelik HTS Middelburg en die uiteindelike kampioen, Garsfontein, vasgeval.
Marais Viljoen en Florida sal mekaar soos gewoonlik in ’n ENB- Classic Clash pak.
Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld):
A-afdeling: 14 Mei – Hoërskool Rustenburg t. Marais Viljoen; 21 Mei – Hoërskool Rustenburg t. Monument; Kempton Park t. E.G. Jansen; 28 Mei – Monument t. Kempton Pak; E.G. Jansen t. Hoërskool Rustenburg; 4 Junie – E.G. Jansen t. Marais Viljoen; Kempton Park t. Hoërskool Rustenburg; 11 Junie – Marais Viljoen t. Kempton Park; 15 Junie – Monument t. E.G. Jansen; 21 Junie – Marais Viljoen t. Monument.
B-afdeling: 7 Mei – Jeugland t. Die Anker; 14 Mei – Noordheuwel t. Florida; 21 Mei – Florida t. Jeugland; Die Anker t. Noordheuwel; 4 Junie – Florida t. Die Anker; Jeugland t. Noordheuwel.
- Standard Bank Festival Season to showcase tomorrow’s stars - 2025-03-27
- School Rugby Results – 22 March 2025 - 2025-03-22
- Grey-kollege bo in stiergeveg met die Wit Bulle - 2025-03-22