Marais Viljoen maak impak in NWU-Pukke Prestige-reeks
Marais Viljoen van Alberton het sake in Groep A van die NWU-Pukke se Prestige-reeks oorheers. Die span is daarom ‘n sterk aanspraakmaker om die trofee as kampioen omhoog te hou. Hy het Jeugland (52-0), Hugenote van Springs (26-7) en Noordheuwel van Krugersdorp (45-7) in sy drie groepwedstryde verslaan.
Dit is Marais Viljoen se eerste jaar in die kompetisie na hy nog verlede jaar aan die Tuks-reeks deelgeneem het. Die eerstespanne van Driehoek, Zwartkop en Lichtenburg is die ander drie spanne wat as vroee gunstelinge na vore getree het.
Zwartkop kan in die week met ‘n sege in sy laaste groepwedstryd teen HTS Witbank vir hom ‘n plek bo-aan die puntelys van Groep C verseker. Zwartkop is nog onoorwonne in die moeilike groep na hy Potchefstroom Volkskool (12-8) en Randburg (24-17) geklop het.
In Groep is daar slegs die wedstryd tussen Montana en Die Anker van Brakpan oor wat nog beslis moet word. Driehoek van Vanderbijlpark het met bonuspunt-seges in al drie hul wedstryd seker gemaak dat hulle die kwarteindronde as die voorste span in die groep sal betree. Potchefstroom Gimnasium sal die wedstryd tussen Montana en Die Anker met groot belangstelling dophou.
Gimmies het met ‘n enkele punt teen Die Anker vasgeval en ‘n sege vir die span van Brakpan teen Montana sal beteken dat Gimmies nie onder die voorste agt eerstespanne in die reeks sal tel nie. Die Hoerskool Driehoek se eerstespan het Die Anker met 36-21 in hulle kragmeting verslaan.
Driehoek sal waarskynlik in die kwarteindronde teen die Hoerskool Middelburg te staan kom. Dit is behalwe as Wesvalia van Klerksdorp vir ‘n verrassing in die week sorg deur verlede jaar se kampioen, Lichtenburg, af te stof.
Lichtenburg het bonuspunt-sege in albei sy wedstryde tot dusver in vanjaar se reeks behaal en sal teen Die Anker of Potchefstroom Gimnasium in die kwarteindronde te staan kom. Die Liggies se Henco Nel en Pan Coetzee kan baie tevrede met hulle vertonings in hul span se oorwinning van 22-18 Saterdag oor Oosterlig voel.
Puntemakers:
Marais Viljoen 45 – Driee: Brendon Marchbank (2), Austen Nepgen (2), Kwagga Marais, Franco du Plessis, Heinrich Jacobs. Doelskoppe: Marchbank (5). Noordheuwel 7 – Drie: Wian van Heerden. Doelskop: Renier Stander.
Hugenote (Springs) 50 – Driee: Trsitan Dry (2), Rozand Bergh (2), Ethan Rossouw (2), Romano Naude, Donovan Grobler. Doelskoppe: Edrich Aucamp (5). Jeugland 0.
Potchefstroom Gimnasium 38 – Driee: Johan Minnaar (2), Mitchelle van der Merwe (2), Edrich Cronje, Dirkie Louw. Doelskoppe: Vernon Charslund (4). Montana 25 – Driee: Niel Steenberg, Ruan Deetlefs, Andre Badenhorst, Dreyer van der Berg. Doelskop: Jared Crafford. Strafdoel: Crafford.
HTS Witbank 28 – Driee: Dylan Pretorius (2), Simon Cloete. Doelskoppe: Vorster (2). Strafdoele: Vorster (3). Potchefstroom Volkskool 24 – Driee: Hanru van Rooyen, Jacques Gouws, Johan Schoeman. Doelskoppe: Van Rooyen (3). Strafdoel: Van Rooyen.
Lichtenburg 22 – Driee: Max Williamson, Henco Nel, FC Visser, Pan Coetzee. Doelskop: Lohan Jahns. Oosterlig 18 – Driee: Marinus van Vuuren (2). Doelskop: Van Vuuren. Strafdoele: Van Vuuren (2).
Zwartkop 24 – Driee: Gerhard van Rooyen, Kyle van Deventer, Handro Horn. Doelskoppe: Miche Groenewald (3). Strafdoel: Groenewald. Randburg 17.
Hoerskool Middelburg 21 – Driee: Unathi Poyo, Coenraad Visser. Doelskop: Visser. Strafdoele: Visser (3). Wesvalia 17 – Driee: Dewee Thomas, Herman van Staden, Justin Basson. Doelskop: Basson.
Driehoek 36 (14) – Driee: C Viljoen (2), Shaun Schoen, Raymond Thompson, Z van der Merwe. Doelskoppe: Dyllan Smit (4). Strafdoel: Smit. Die Anker 21 (6) – Driee: D Korff, P de Beer. Doelskop: A Barnard. Strafdoele: L Ueckermann (3).
Ander spanne:
o.16: Hugenote 26, Jeugland 17; Montana 28, Potch Gimmies 7; Potch Volkies 61, HTS Witbank 8; Lichtenburg 22, Oosterlig 14; Zwartkop 23, Randburg 23; Wesvalia 31, Middelburg 3; Die Anker 54, Driehoek 0; Noordheuwel 45, Marais Viljoen 14.
o.15: Hugenote 17, Jeugland 12; Potch Gimmies 20, Montana 12; HTS Witbank 32, Potch Volkies 5; Lichtenburg 38, Oosterlig 0; Zwartkop 24, Randburg 0; Wesvalia 33, Middelburg 31; Driehoek 12, Die Anker 10; Noordheuwel 17, Marais Viljoen 13.
o.14: Hugenote 54, Jeugland 7; Potch Gimmies 26, Montana 26; Potch Volkies 27, HTS Witbank 5; Lichtenburg 14, Oosterlig 5; Zwartkop 40, Randburg 0; Middelburg 31, Wesvalia 10; Driehoek 26, Die Anker 22; Marais Viljoen 18, Noordheuwel 12.