SuperSport Schools News

Limpopo behaal goeie sege oor Grens

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-07-19

NewsGLimpopoDie Limpopo Blou Bulle het hulle beste sege op die Coca-Cola Cravenweek vir hoerskole behaal sedert hy in 2010 vir SWD met 26-20 in Welkom verslaan het. Die harde manne van die Verre Noord het vir Grens in ‘n wedstryd waarin verdediging tweede viool moes speel met 59-41 verslaan. 

Die wedstryd het 100 punte opgelewer, maar dit was dalk liewer meestal te danke aan swak verdediging as vernuf op die aanval gewees. Die kragmeting het in totaal 15 drieë opgelewer.

Limpopo het teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 35-20 geniet. Die span se vleuel Kamogelo Motloa het ‘n driekuns aan drieë behaal. 

Grens se buitesenter, Siphamandla Matsinya, het heelwat bresse in Limpopo se verdediging gevind en ook drie keer die doellyn oorgesteek. Die verloorspan se heelagter, Jason Raubenheimer, het ook twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. Raubenheimer het reeds ‘n kontrak met die Sharks en het ook al die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan verteenwoordig. 

Puntemakers: 

Limpopo Blou Bulle 59 (35) – Drieë: Kamogelo Motloa (3), Vincent Roos (2), Noko Malatji, Renier Gerber, Nyiko Ntlemo, Ali Sefole. Doelskoppe: Reece Wynne (7). Grens 41 (20) – Drieë: Siphamandla Matsinya (3), Jason Raubenheimer (2), Jarred du Plessis. Doelskoppe: David Coetzer (4). Strafdoel: Coetzer.  

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.