La Rochelle enigste onoorwonne span oor by Klofie-netbalfees
Die Hoër Meisiekool La Rochelle se 0.19A-netbalspan is op dag drie van die Klofie-Netbalfees steeds staande as die enigste onoorwonne span, nadat hulle ‘n oorwinning oor Die Brandwag van Uitenhage (25-12) behaal en met 18-elk gelykop gespeel het teen die gasheer, Waterkloof.
Rand Park het hul onoorwonne status verloor met ‘n nederlaag van 13-17 teen Oos-Moot, ondanks vroeëre oorwinnings teen Jeugland van Kepmton Park (28-8) en Parel Vallei (18-13).
Maandag is die laaste dag van die toernooi, met La Rochelle wat in ‘n deurslaggewende kragmeting met Windhoek Afrikaanse Privaatskool gewikkel sal wees om hul onoorwonne rekord te probeer verdedig.
Oos-Moot se o. 15 en Waterkloof se o. 19-spanne is na dag twee as die beste aanvallende spanne aangewys, terwyl Hoërskool Centurion se o. 16’s en Windhoek Pvt se o. 14’s met die louere as die beste verdedigende spanne weggestap het.
Die laaste dag van die toernooi skop Maandag om 07:00 af, met die o. 17-spanne wat sake uitspook.
Uitslae | Dag 3
nt_header_1 | nt_header_2 | nt_header_3 | nt_header_4 |
---|---|---|---|
Oos-Moot | 22 | Eunice | 12 |
Bergsig | 19 | Gerrit Maritz | 6 |
Randpark | 28 | Jeugland | 8 |
Klerksdorp | 38 | Oosterland | 15 |
Parel Vallei | 33 | Hans Strijdom | 4 |
Transvalia | 16 | Sentraal | 14 |
Oos-Moot | 28 | Brandwag | 11 |
Windhoek Privaatskool | 17 | Ligbron | 16 |
Waterkloof | 15 | Randpark | 11 |
Framesby | 31 | Witteberg | 9 |
Waterkloof | 28 | Centurion | 10 |
Hoërskool Windhoek | 14 | Wesvalia | 13 |
Framesby | 26 | Hoërskool Windhoek | 9 |
Brandwag | 27 | Witteberg | 19 |
Waterkloof | 18 | La Rochelle | 18 |
Sentraal | 22 | Ligbron | 13 |
Oos-Moot | 26 | Centurion | 13 |
Jeugland | 18 | Overkruin | 8 |
Transvalia | 12 | Wesvalia | 9 |
Eunice | 14 | Windhoek Privaatskool | 6 |
Klerksdorp | 40 | Bergsig | 19 |
Oosterland | 24 | Gerrit Maritz | 8 |
Waterkloof | 19 | Hans Strijdom | 17 |
Wesvalia | 34 | Oosterland | 3 |
Klerksdorp | 29 | Waterkloof | 20 |
Transvalia | 25 | Overkruin | 7 |
Framesby | 24 | Eunice | 16 |
Hoërskool Windhoek | 15 | Parel Vallei | 10 |
Bergsig | 19 | Ligbron | 18 |
La Rochelle | 25 | Brandwag | 12 |
Windhoek Privaatskool | 26 | Hans Strijdom | 17 |
Oos-Moot | 17 | Randpark | 13 |
Jeugland | 16 | Centurion | 4 |
Witteberg | 23 | Gerrit Maritz | 4 |
Sentraal | 15 | Waterkloof | 6 |
Eunice | 24 | Overkruin | 9 |



