Klofies en Jansen pak mekaar in Noordvaal-trofee in Boksburg
Die Hoërskool Waterkloof sal sy onoorwonne status in vanjaar se Noordvaal-trofee se Beker-kompetisie Saterdag in Boksburg teen Dr. EG Jansen verdedig.
Die gashere van Boksburg is ook nog onoorwonne in vanjaar se reeks. ‘n Sege oor Klofies in Pretoria sal hulle in ‘n gunstige posisie plaas om tot die uitspeelrondes van die reeks deur te dring.
Klofies het in sy laaste vier wedstryde daarin geslaag om die uitslag in sy guns te beklink. Die span van Cobus van Dyk en Renier de Villiers begin nou Houdini-status bereik met hul vermoë om taai wedstryde deur te trek.
Die span van Pretoria sal wel sonder sy staatmakers skrumskakel, Johan Stroh, moet klaarkom. Stroh was ook tot dusver sy span se stelskopper.
Die span van Boksburg is soos gewoonlik nie ‘n span wat onderskat kan word nie, veral nie op sy tuisveld nie.
Hy het vir Marais Viljoen vroeër vanjaar in die reeks met 43-15 kaf gedraf, terwyl die Klofies verlede week moes sweet om die span van Alberton met 17-11 te troef.
Menlopark speel Saterdag gasheer vir Noordheuwel van Krugersdorp. Die Nories het vanjaar ‘n omgesukkelde span en die Parkies sal hoop om sy eerste sege van die reeks te behaal.
Die Nories beskik oor ‘n gevaarlike agterlyn met die losskakel, JT Kapank, aan die spits. Daar is egter ook gevaarmanne in Coun-Lee Koekman (skrumskakel), Marshall de Vos (buitesenter), Calvin Paulsen (linkervleuel) en Divan Spangenberg (heelagter) in sy agterhoede.
Vir die Parkies sal sy kaptein en flank, Tiaan Engelbrecht, voorlangs die pap dik moet aanmaak, terwyl die senter Nathan Mong en losskakel, Marco Strydom, ook sleutelspelers is.
Die Hoërskool Garsfontein se Bere sal vir die eerste keer in jare die tog na die suide aanpak om vir Marais Viljoen in Alberton die stryd aan te sê. Die twee skole het mekaar laas in 2016 tydens ‘n rugbytoer ontmoet.
Die Bere was destyds met 71-0 baas, maar hulle kan ‘n sterker Marais Viljoen op sy tuisveld te wagte wees. Garsfontein moet sonder sy regtervleuel, Jason Hugo, klaarkom wat ‘n enkelbesering tydens sy span se sege verlede week van 34-8 oor Menlopark opgedoen het. Hy word egter deur Liam Dick vervang wat in die Blou Bulle se voorlopige Cravenweek-groep ingesluig is.
Gepraat van die Ligbloues se voorlopige Cravenweek-span. Daar is 11 Garsies in die groep ingesluit wat volgende week teen die Valke sal uitdraf. Die span wat tans as die Jaco Koch-span heet bestaan tans uit ‘n groep van 24 spelers. Die Garsies in die groep is – Luan Taylor, Steven Nel, Pieter Coetzer, Dimitre Erasmus, Liam Dick, Michail Damon, De Wet Lottering, Maynard Kleynhans, Tireque Appolles, Keletso Viljoen en Adriaan van Niekerk.
Koch van Affies is die Blou Bulle se hoofafrigter vir die Cravenweek wat later vanjaar in Kaapstad plaasvind.
Dit sal die vierde keer wees dat Marais Viljoen en Garsies mekaar op die rugbyveld ontmoet. Al drie die ander kragmetings was tydens die groepfase van die destydse NuPower/Tuks-reekse. Garsies was in al vier die kragmetings tot dusver tussen die skole baas.
HTS Middelburg se Rooi Bulle reis na Johannesburg om vir Helpmekaar-kollege die stryd aan te se. Die Rooi Bulle het boonop in die week die nuus gekry dat hulle ook vir hul herskeduleerde kragmeting teen Monument sal moet reis na Krugersdorp.
Helpies se heelagter, Jordan Jordaan, was sover vir sy span met sy skopskoen goud werd. Hy behoort teen die Rooi Bulle weer ‘n beduidende rol te vertolk.
Die spanne is:
Waterkloof vs EG Jansen om 12:25 in Pretoria:
Waterkloof: 15 Reuven Ferreira, 14 Robert Breytenbach, 13 Etteen Jooste, 12 Guillaume Marais, 11 Herman Viljoen, 10 Hernus Marais, 9 Francois Viljoen, 8 Zander Thirion, 7 Udet Momberg, 6 Tyler Veldman, 5 Christoff Luus, 4 Dale Arlow, 3 Jean Jooste, 2 Kevin van Staden, 1 Ruben Odendaal.
EG Jansen: 15 David Twala, 14 Cameron van Wyk, 13 Theuns Barnard, 12 Marco Coetzee, 11 Keano van Loggenberg, 10 Jaydon Bantom, 9 Gordon Smith, 8 Corné Venter, 7 Layton Smith, 6 Nathan Matthee, 5 Ryno van Aswegen, 4 Christopher Swart, 3 Marnus Swarts, 2 De Wet Rademan, 1 Tsepo Ledwaba.
Menlopark vs Noordheuwel om 13:00 in Pretoria:
Menlopark: 15 Xander Loubser, 14 Jayden Horn, 13 Divan Viljoen, 12 Nathan Mong, 11 Ruan Janse van Rensburg, 10 Marco Strydom, 9 Christian Herbst, 8 Hendré du Toit, 7 Hanru Potgieter, 6 Tiaan Engelbrecht (kaptein), 5 Frikkie Dreyer, 4 Steyn Landman, 3 Ruben Barnard, 2 Altus Coertze, 1 Llewellyn Deysel.
Noordheuwel: 15 Divan Spangenberg, 14 Mathew Ganame, 13 Marshall de Vos, 12 Zander Fourie, 11 Calvin Paulsen, 10 JT Kapank, 9 Coun-Lee Koekman, 8 Ludie Schutte, 7 Laython Nel, 6 DP van Zyl, 5 Jaun Fourie, 4 Keagan Grobbelaar, 3 Arné Roux, 2 Jeandré Schoeman, 1 Martin Nel.
Helpmekaar vs HTS Middelburg om 12:30 in Johannesburg:
Helpmekaar: 15 Jordan Jordaan, 14 Ruan Nel, 13 Luc van Rhyn, 12 Rynhardt van der Linden, 11 Trityne Parsons, 10 Junayden Seffier, 9 JP Beyer, 8 Hanno Venter (kaptein), 7 Ulrich Swart, 6 Ryno Bosch, 5 Jandré Labuschagne, 4 Christiaan Steyn, 3 Waldt Human, 2 Ruan Welman, 1 Pedri de Wet.
HTS Middelburg: 15 Morné Theron, 14 Rinkhals Smit, 13 De Beer Esterhuizen, 12 Seabela Kutloane, 11 Desmond Milner, 10 Hardus Visser, 9 Johnathan Durrheim, 8 Markus Louwrens, 7 Janco de Lange, 6 Erich Uys, 5 Dawid du Buisson, 4 LJ Moll, 3 George Gerritssen, 2 Michael-Owen Muller, 1 Riaan Appelgryn.
Marais Viljoen vs Garsfontein om 12:20 in Alberton:
Marais Viljoen: 15 Franco Horn, 14 Dominic de Menezes, 13 David Kock, 12 Juandré Theron, 11 Rorisang Thabaneng, 10 Gift Olifant, 9 Charl de Kock, 8 Henrico Germishuizen, 7 Cephas van Biljon, 6 Franko Herbst, 5 Ryan Langford, 4 Marcelle Morris, 3 PJ van Heerden, 2 Mark Harrison, 1 Charles Kieser.
Garsfontein: 15 Michail Damon, 14 Liam Dick, 13 Dimitre Erasmus, 12 Pieter Coetzer, 11 Boeloe Scott, 10 Nic-Allen Gabrielsen, 9 Steven Nel, 8 Maynard Kleynhans, 7 Abri van der Westhuizen, 6 Divan Brits, 5 Luan Taylor, 4 Christopher Sjöblom, 3 Henco Hugo, 2 De Wet Lottering, 1 Adriaan van Niekerk.
[powr-comments id=”0c71fdf5_1653654405003″]




