SuperSport Schools Plus

Kiewiet skitter weer vir Welkom Gim in klinkende sege oor Duineveld

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-07-25 Tags: , , , , , , ,

FOTO: Frans Lombard

Welkom Gimnasium het hul seisoen na die vakansie hervat met nog ‘n goeie sege op hul tuisveld teen Duineveld (49-22).

Die Gimmies het agt van hul vorige nege wedstryde gewen, en het in elkeen van daardie seges meer as 40 punte teen hul opponente aangeteken.

Met pragdrieë en hul kenmerk hardlooprugby-styl beleef Welkom Gimnasium ‘n baie opwindende jaar. Hul losskakel, Ronaldo Kiewiet, speel ‘n groot rol in hul sukses tot dusver.

Hul staatmaker was hierdie Saterdag weer op topvorm, Kiewiet kon twee drieë self aanteken, en nog ‘n verdere drie drieë en ‘n strafskop verdoel.

Kiewiet was gedurende die vakansie ook die voorste puntemaker by die Stadio Cravenweek in George waar hy vir die Griffons uitgedraf het.

Hy het ook die tweede meeste drieë by die byeenkoms gedruk.

Saterdag was sy vleuel, Kamohelo Mokoena, en die senterpaar van Mojalefa Mathoka en Tashcon Meas, ook weer giftig op die aanval vir Welkom en hul Cravenweek haker, Danté Smith, het ook ‘n goeie wedstryf beleef.

Duineveld onthaal volgende naweek vir Hoërskool Bellville in Upington, voor hul groot wedstryd teen hul buurskool, Hoërskool Upington.

Die Wittes het al baie potensiaal gewys deur die seisoen met spelers soos Gert-White Grobbelaar (slot), Alek Andrianatos (flank) en hul twee Cravenweek-spelers, Freddie Collen (flank) en  Arno Luttig (Slot) wat gereeld uitstaan vir Duineveld, maar hulle kon nog net nie alles in plek laat val hierdie seisoen nie.

Hulle sal graag die jaar wil afsluit met twee goeie vertonings.

Hoërskool Upington het vir Landboudal in Jacobsdal met 17-13 die knie laat buig.

Hul senter, Siphe Msebenzi, het ‘n groot rol gespeel en was veral op verdediging foutloos.

Upington se groot losvoorspelers het die bal ook goed gedra en was bedrywig by die afbreukpunte.

Landboudal moes staatmaak op hul ster-losskakel, Vuyani Moore, vir al hul punte.

Curro Kathu se senter, Julius Muzaza, was vier keer vir sy span agter die doellyn in hul 46-14 oorwinning teen Namakwaland.

Vir Hoërskool Kathu was dit hul skrumskakel, Jacques Kuhn, wat gevaarlik was, saam met sy senterpaar van Stefan Brits en Ashrand Rooi. Hulle het in Kakemas met 33-29 teen Martin Oosthuizen gewen.

Met sewe minute oor in die wedstryd was Kathu nog met 21 punte voor en die seuns van Martin Oosthuizen het goed gedoen om die verskil soveel te verminder voor die eindfluitjie.

Puntemakers:

Welkom Gimnasium 49 (27) – Drieë: Ronaldo Kiewiet (2), Kamohelo Mokoena, Mojalefa Mathoka, Taschon Meas, Buhle Mxabayi, Danté Smith, Raylen Kirsten. Doelskoppe: Kiewiet (3). Strafdoel: Kiewiet. Duineveld 22 (17) – Drieë: Gregan Jansen, Gert-White Grobbelaar, Shamaro de Klerk, Chris Honiball. Doelskoppe: DJ Wandrag (2). Strafdoel: Wandrag.

Hoërskool Upington 17 – Drieë: Johan Louw, PA Karsten. Doelskoppe: Ruwin Isaks (2). Strafddoel: Isaks. Landboudal 13 –Drie: Vuyani Moore. Doelskop: Moore. Strafdoelle: Moore (2).

Noord-Kaap 40 – Drieë: Thaylin Rose (2), Jonaden Links (2), Melvin Diedericks, Junior Kettledas. Doelskoppe: Abdul Fischer (5). Kalahari 7 – Drie: Pietsie Tikane. Doelskop: Tikane.

Hartswater 26 – Drieë: Nico van der Westhuizen, Layton van Nieker, Ji-Andre Visser, Takunda Chivenga. Doelsoppe: Jerome Davids (3). Hopetown 13

St Andrews 23 – Drieë: Matthew Simon, Connor Nel. Doelskoppe: Connor Norman (2). Strafdoelle: Norman (2). Zastron 20.

Brandfort 48 (24) – Drieë: Lian Naude (3), Wehan Strydom (3), JC Venter, Demas Maloyi. Doelskoppe: Henre Smith (4). Sand du Plessis 14 (7) – Drieë: Ruan Kruger, Je-André Blaauw. Doelskoppe: Kruger (2).

Curro Kathu 46 – Drieë: Julius Muzaza (4), Rehaden van Wyk, Marcwin Nero, Damian MacClean, Timothy Isaacs. Doelskoppe: Leighton Hopshire (2), Muzaza. Namakwaland 14.

Ander tellings:

o.19A – Hoërskool Kathu 33, Martin Oosthuizen 29; Douglas 73, Kimberley Boys’ High 0.

o.19B – Welkom Gimnasium II 49, Duineveld II 10; Landboudal II 26, Hoërskool Upington II 0; Welkom Gimnasium III 27, Duineveld III 6.

o.17 – Hatswater 27, Hopetown 0; Hoërskool Kathu 17, Martin Oosthuizen 12.

o.16 – Welkom Gimnasium 45, Duineveld 22; Hoërskool Upington 26, Landboudal 17.

o.15 – Welkom Gimnasium 20, Duineveld 7; Hoërskool Upington 20, Landboudal 15; Hartswater 32, Hopetown 0; Hoërskool Kathu 22, Martin Oosthuizen 3.

o.14 – Duineveld 14, Welkom Gimnasium 7; Hoërskool Upington 24, Landboudal 0.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.