SuperSport Schools Plus

Kan Pieties en Vossies weer hul plekke in DStv Schools Challenge se nasionale toernooi bespreek?

By Felicia Erasmus , in Netball | Featured Netball | News , at 2025-06-13 Tags: , , , , , , , , , , ,

Dit is die naweek Limpopo se beurt om deel te neem aan die DStv Schools Challenge.

Twintig van Limpopo se voorste skole word op gedeel in vier groep waar hulle teen mekaar uit speel vir die top spanne om deur te gaan na die nasionale DStv Schools Challenge.

Die spanne word ook op gedeel in die Ubuntu- en Botho-groepe wat in hul eie kwarteindrondes, halfeindrondes en eindstryd sal speel, die wenner van albei groepe gaan deur na die nasionale DStv Schools Challenge.

Die Ubuntu-groep is die skole wat nie gereeld die geleentheid kry om teen groot skole te speel nie, en vir die meisies is dit die geleentheid om raak gesien te word en blootstelling te kry.

In 2024 was die top twee skole van die Ubuntu-groep Hluvuka en Ntshuzeko, en in die Botho-groep was dit Hoërskool Pietersburg en Ben Vorster wat deur gegaan het na die nasionale DStv School Challenge.

Sal dit die jaar dieselfde vier skole wees wat deur gaan of is daar ‘n verrassing wat vir ons wag?

Die groepe:

Groep A: Hoërskool Pietersburg, Sebakanaga, Frans du Toit, Ntshuxeko, Hluvuka

Groep B: HTS Tom Naudé, Hans Strijdom, Seboye, Khaiso, Hlabi,

Groep C: Merensky, Frikkie Meyer, Tshiawelo, Bela-Bela, Kopa

Groep D: Ben Vorster, Ben Viljoen , Louis Trichardt, Ramathope, Russel Bungeni,

Bepalings vir Vrydag 13 Junie:

15:30: Hoërskool Pietersburg vs Sebakanaga; Ben Vorster vs Ben Viljoen.

16.05: Merensky vs Frikkie Meyer.

16:40: Hoërskool Pietersburg vs Frans du Toit; HTS Tom Naudé vs Hans Strijdom.

17:15: Louis Trichardt vs Ben Vorster; Frans du Toit vs Sebakanaga.

17:50: HTS Tom Naudé vs Seboye.

18:25: Louis Trichardt vs Ben Viljoen.

18:30: Hans Strijdom vs Seboye

Bepalings vir Saterdag 14 Junie:

08:00: Frans du Toit vs Ntshuxeko; Seboye vs Hlabi; HTS Tom Naude vs Khaiso; Merensky vs Kopa; Frikkie Meyer vs Bela-Bela; Louis Trichardt vs Ramathope; Ben Vorster vs Russel Bungeni.

10:00: Ben Vorster vs Ramathope; Ben Viljoen vs Russel Bengeni; Sebakanaga vs Hluvuka; Hoërskool Pietersburg vs Ntshuxeko; Merensky vs Bela-Bela; Frikkie Meyer vs Tshiawelo; Hans Strijdom vs Hlabi.

11:00: Khaiso vs Hlabi; Frans du Toit vs Hluvuka; Kopa vs Tshiawelo; Ramathope vs Russel Bungeni.

12:00: Merensky vs Tshiawelo; Bela-Bela vs Kopa; Ntshuxeko vs Hluvuka; Seboye vs Khaiso

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.