SuperSport Schools News

Junior Blitsbokke kampioene in Windhoek

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-03-06

NewsG JuniorBlitsbokkeDie Suid-Afrikaanse o.18-sewesspan het alle teenstand voor hom weggevee tydens die Capricorn Group-toernooi (vir o.19-spanne) wat die naweek in Windhoek, Namibië. Die Junior Blitsbokke het Namibië in die eindstryd van die toernooi op Windhoek Gimnasium se nuwe kunsmatige veld met 45-0 gekarnuffel. 

Buiten die Junior Blitsbokke en Namibië het Zambië, SA All Stars, Botswana en Duitsland ook aan die toernooi deelgeneem. Die SA All Stars het seker gemaak dat die Suid-Afrikaners skoonskip maak deur Duitsland met 35-7 in die Plaat-eindstryd te klop. 

Die Junior Blitsbokke het Namibië in hul groepwedstryd met 35-24 geklop. In die eindstryd was daar egter net een span op die veld. Die Blitsbokke het ook die All Stars (21-0), Botswana (58-0), Zambië (61-0) en Duitsland (48-0) uit die pad gestamp oppad na die titel. 

Die Junior Blitsbokke is die verdedigende Statebond Jeugspele-kampioene. Vanjaar se Statebond-Jeugspele vind van 19 tot 23 Julie in die Bahamas plaas.

Die Capricorn Group-toernooi was deur die bekende promotor Willem Strauss georganiseer. Die toernooi is op die eerste rugbyveld van kunsmatige gras in Afrika speel. Wat die toernooi ook absoluut uniek maak is die feit dat dit die inhuldiging sal wees van die eerste kunsmatige rugbyveld in Afrika. Die veld is soortgelyk aan die Engelse rugbyklub Saracens se kunsmatige oppervlak van hul tuisveld Allianz-park.

“Die toernooi sal vir junior sewes spelers in Afrika ‘n baan skep na hul nasionale sewes spanne en wie weet, dalk kan dit die begin wees van ‘n aantal toekomstige Olimpiese spelers se loopbane,” het Strauss gese. Strauss het ook bygevoeg dat die toernooi beplan word om jaarliks plaas te vind en dat daar meer internasionale spanne in die toekoms genooi sal word.

Die SA o.18-sewesspan was:

Phedulani Buthelezi, Senele Nohamba (albei Durban High School), Janco van Heyningen, Rikus Pretorius, Henk Cilliers (almal Grey-kollege), Mark Snyman (Helpmekaar), Andrew Kota (Welkom Gimnasium), Muzi Nyakane (Ben Vorster), Angelo Davids (Stellenberg), Ruben Beytell (EG Jansen), Henco Martins (Paarl Gimnasium), Marnus Potgieter (Affies), Sebastiaan Jobb (Duineveld),

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.