SuperSport Schools Plus

Jubilee-kompetisie verhewig, 50ste mylpale vir Montie-meisies

By Shane Labuschagne , in Netball | News , at 2025-05-24 Tags: , , , , , , , ,

Die Jubilee-liga het vandeesweek nogmaals kragtige netbalaksie opgelewer, met spanne wat elke sentimeter van die baan benut het, asook ‘n viertal spelers wat spesiale mylpale gevier het.

Affies het teen Oos-Moot hulle spelplan noukeurig uitgevoer om met 30–24 as oorwinnaars uit die stryd te tree.

Menlopark het uiteindelik met 27–21 die oorhand oor Waterkloof verkry, in ’n kragmeting wat op akkuraatheid en kalmte berus het. Klofies het nietemin sterk teruggekom in hul volgende wedstryd teen Zwartkop, waar hulle met 35–21 geseëvier danksy ’n vertoning gevul met energie en doelgerigte spel.

Montana het vir Eldoraigne met 42–19 kafgedraf. Hierdie kragmeting was spesiaal vir Illana Botha, wat haar 50ste eerstespan-wedstryd gespeel het – ’n toonbeeld van toewyding en volharding.

Montana het daarna in ‘n taai kragmeting met Oos-Moot die knoop met 34–32 deurgehak. Nóg drie Monties het by hierdie geleentheid hul 50ste wedstryde gevier, naamlik Altje Conradi, Leah Booysen en Cathlene du Preez. Dit is inderdaad ’n besonderse prestasie in enige netbalspeler se loopbaan.

Uitslae:

Affies 30, Oos-Moot 24

Menlopark 27, Waterkloof 21

Waterkloof 35 , Zwartkop 21

Montana 42, Eldoraigne 19 (Illana Botha – 50ste wedstryd)

Montana 34, Oos-Moot 32 (Altje Conradi, Leah Booysen, Cathlene du Preez – 50ste wedstryd elk)

 

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.