SuperSport Schools Plus

JF wéér Tralies se baas in FNB Classic Clashes

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-12 Tags: , , , ,

FOTO: Dirkie Groenewald

Jim Fouché het Saterdag hul FNB Classic Clashes-kragmeting met Hoërskool Sentraal met 32-12 gewen om te bewys dat verlede jaar se sege van 38-17 geen gelukskoot was nie.

Beleef die aksie weer op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd

Die eerste helfte het ‘n klipharde gestoei afgegee tussen die Bloemfonteinse buurskole, maar JF het na rustyd daglig tussen hulself en die Tralies op die telbord geplaas deur uiteindelik ses drieë teenoor die twee van die tuisspan te druk.

Die Blokke het vroeg vir die tuisskare op hul voete gehad toe EJ van der Berg oordryf het vir die eerste drie. JF het egter onmiddelik teruggeslaan deur hul blitsige vleuel, Bendré Vermaak, waarna slot, Milan Marais, aan hulle die voorsprong besorg het met ‘n tweede drie.

Die tuisspan het aanhou druk toepas op JF in die tweede helfte, met die groot loskopstut, Van Zyl Hetzel, wat ook die doellyn kon oorsteek vir sy span se tweede drie.

Daarna het die “Green Machine” egter die krane oopgedraai, en drieë deur die Qian Moller, Hanro Marais, Heinrich Hattingh en hul vurige agsteman, Franco Oberholzer, het die wedstryd buite bereik van die Tralies geplaas om ‘n indrukwekkende sege tot hul rekord te voeg.

FOTO: Dirkie Groenewald

Intussen het Landoudal ‘n dramatiese sege van 13-12 oor Fichardtpark behaal, nadat hulle teen halftyd met 10-12 agtergeloop het. – Skakel na die wedstryd

Die Fichie Leeus se groot stut, Zaine van Zyl, het aan sy span die oorhand gebied met twee kragdrieë in die eerste helfte, maar Marius Etzebeth het met ‘n briljante skepskop die enigste punte na die omdraaislag aangeteken om ‘n naelbytsege vir die Lanties te beklink.

St. Andrew’s was in Johannesburg in aksie, waar hulle vir die 91ste keer teen St. John’s College uitgedraf het. Die Gautengers was in ‘n ongemaklike bui en het vir die Saints ‘n rugbyles met 80-5 geleer.

Hoërskool Burgersdorp het met 26-9 teen Gill College van die Oos-Kaap geseëvier, terwyl Ficksburg se heelagter, Morné Swanepoel, vier drieë gedruk het teen New Horizon College Bethlehem vir ‘n wegholsege van 61-0.

Puntemakers

Jim Fouché 32 (10) –  Drieë: Milan Marais, Qian Moller, Bendré Vermaak, Hanro Marais, Heinrich Hatting, Franco Oberholzer. Doelskop: Vermaak. Sentraal 12 (5) – Drieë: EJ van der Berg, Van Zyl Hetzel. Doelskop: SJ Coetzee.

Landboudal 13 (10) – Drie: Juhan van der Westhuizen. Doelskop: Marius Etzebeth. Skepskop: Etzebeth. Fichardtpark 12 (12) – Drieë: Zain van Zyl (2). Doelskop: Rubin Visagie.

Ficksburg 61 – Drieë: Morné Swanepoel (4), Thato Tsilo, Sameer Kraukam, Joseph Mokhele, Reitumetse Lebitsa, Evert Strydom. Doelskoppe: Oratilwe Shata (6), Strydom. New Horizon College Bethlehem 0.

Ander tellings

o.19 – Burgersorp 1ste XV 26, Gill College 1ste XV 9; St Johns’ College 1ste XV 80. St Andrew’s School 1ste XV 5; Jim Fouché II 50, Sentraal II 10; Jim Fouché III 50, Sentraal III 0; Jim Fouché IV 24, Sentraal IV 15; St John’s College IV 21, St Andrew’s School II 10; Landboudal II 38, Fichardtpark II 12; Fichardtpark III 21, Landboudal III 10.

o.16 – Sentraal A 28, Jim Fouché A 0; St John’s College A 41, St Andrew’s School A 12; Fichardtpark A 40, Landboudal A 33.

o.15 – Jim Fouché A 17, Sentraal A 13; Sentraal B 31, Jim Fouché B 0; St John’s College A 73, St Andrew’s School A 0; Fichardtpark A 54, Landboudal A 8.

o.14 – Sentraal A 28, Jim Fouché A 5; Sentraal B 52, Jim Fouché B 0; St John’s College A 21, St Andrew’s School A 12; Fichardtpark A 50, Landboudal A 0.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.