SuperSport Schools Plus

Henties en Rooiskool deur tot eindstryd van Griffon-liga

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2010-08-15 Tags: , , , , ,

Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad het met sy oorwinning van 25-18 oor Welkom Gimnasium in die Noordwes-stadion in Welkom vir die agtste agtereenvolgende keer tot die eindstryd van die Griffon-liga deurgedring.

Die span van Kroonstad is ook die verdedigende kampioen. Hentie Cilliers was in die ander halfeindstryd teen Hoërskool Kroonstad 23-10 koning gekraai het, het vir die eerste keer sedert 2002 tot die eindstryd van die liga deurgedring. Henties was in 2002 kampioen toe hy laas in die eindstryd gespeel het.

Rooiskool en Hentie Cilliers het met die onderskeie oorwinnings ook hul plekke in die halfeindstryde van die Kovsiestreek-kompetisie bespreek. Volksblad is ‘n medeborg. Die wenner van die liga sal teen Vrystaat se kampioen te staan kom, die verloorder sal teen Griekwas se verteenwoordiger in die Shimla-liga (vir mediumskole) sake uitspook.

Die span van Virginia het rustyd reeds 10-0 teen Blouskool voorgeloop. Die wedstryd is ook in die Noordwes-stadion beslis. Die Griffons se Cravenweek-losskakel, Ryno Venter, het ‘n goeie vertoning vir Henties in die laaste vesting gelewer. Die span se sleutelspelers in die oorwinning was egter die twee flanke Lilitha Kambula en Jaco Naudé. Kambula wat ook vir die Griffons op die Cravenweek in aksie was het om die losgemale sake vir Bloues moeilik gemaak. Naudé se dekverdediging was uitstaande.

Vir Blouskool kan Johan van der Merwe (vaskopstut) en Johan Botes (agtsteman) meer as tevrede met hul vertonings voel. Botes en Van der Merwe was die afgelope paar weke staatmakers vir die span van Kroonstad.

Rooiskool se jong losskakel, Francois van Biljon, is vinnig besig om vir homself ‘n naam te maak. Van Biljon het op al vier maniere teen Gimmies punte aangeteken. Hy het gaan druk, twee drieë verdoel, ‘n strafdoel behaal en ook ‘n skepdoel oorgeklits. Die span se vleuel, Pierre Uys, het twee keer in die sege agter die doellyn gaan kuier.

Sy een drie was ‘n juweel. Hy het die bal teen die kantlyn tussen die halflyn en tientree stippellyn ontvang die ongeveer 57 meter afgelê en in die hoekie gaan afrond. Everhardt Laing (stut) en Ignus Gresse (flank) het ook goeie vertonings gelewer.

Gimmies het rustyd 10-7 voorgeloop en die span sal wonder oor al die verspeelde geleenthede. Vir Gimmies het Werner de Beer (agtsteman), John-Otto Lonergen (stut) en Joshua Wesch (heelagter) blink vertonings gelewer.

Puntemakers:

Hentie Cilliers 23 (10) – Drieë: Luzanne Williams, Algervon Ouman. Doelskoppe: Ryno Venter 2. Strafdoele: Venter 3. Hoërskool Kroonstad 10 (0) – Drie: Johan van der Merwe. Doelskop: Jaco Enslin. Strafdoel: Enslin.

AHS Kroonstad 25 (7) – Drieë: Pierre Uys 2, Francois van Biljon. Doelskoppe: Van Biljon 2. Strafdoel: Van Biljon. Skepdoel: Van Biljon. Welkom Gimnasium 18 (10) – Driee: Mario Noordman, JC Wasserman. Doelskop: Zander Schonken. Strafdoele: Schonken.

Deur Hannes Nienaber

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.