SuperSport Schools Plus

Preview – Griffon-halfeindstryde in Welkom

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2010-08-09 Tags: , , , ,

Die halfeindstryde van die Griffon-liga word Woensdag in die Noordwes-stadion in Welkom beslis. In die eerste halfeindstryd meet Hoërskool Kroonstad teen Hentie Cilliers kragte. Die span van Virginia het in die ligawedstryd tussen die twee spanne met 22-19 koning gekraai.

Dit was die Blouskool se enigste nederlaag in die liga voor sy nederlaag Saterdag teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in hulle jaarlikse ENB Classic Clash in Kroonstad. Rooiskool se enigste nederlaag in die liga was ook teen Hentie Cilliers. Die span van Virginia het die liga as die vroë gunstelinge afgeskop.

Rooiskool se oorwinning van 9-0 teen Blouskool het aan hom die boonste posisie op die puntelys besorg. Die span van Kroonstad het egter nie soos verlede jaar sy teenstanders in die liga oorheers nie. Die span het teen Hentie Cilliers (15-23) in die stof gebyt en twee naelskraapse oorwinnings oor Welkom Gimnasium (17-18) en Voortrekker (10-11) behaal.

Die Rooies kom reeds weer teen Gimmies in die een halfeindstryd te staan. Hoewel Rooiskool die gunsteling is om weer te wen, was die Harmony Sportakademie se spelers wat nou vir Gimmies uitdraf nie in die spanne se ligawedstryd in aksie nie. Veral Mario Noordman (skrumskakel) en Sergio Prins (senter) behoort ‘n reuse verskil te maak.

Voortrekker het met slegs een ligapunt op ‘n plek in die uitkloprondes uitgemis. Dit is die eerste keer in ses jaar wat die span van Bethlehem nie tot die uitkloprondes van die liga kon deurdring nie. Die Griffon-liga van 2010 sal as een van die taaistes nog onthou word. Verskeie wedstryde is met slegs ‘n enkele punt gewen. 

Die wenners van die onderskeie halfeindstryde sal die Perses in die Shimla-liga van die Kovsiestreek-kompetisie verteenwoordig. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

Die finale puntestand van die liga: 
 

SpanneGespeelWenVerloorGelykopPunte VPunte TBonusPunte
AHS Kroonstad871020593331
Hentie Cilliers 8710234153331
Welkom Gimnasium8530260158828
Hoërskool Kroonstad8620187105428
Voortrekker 8530221128727
Goudveld8260168202715
HTS Welkom8260113175412
Witteberg8260127240311
Riebeeckstad80807633400

Die spanne is:

Hoërskool Kroonstad vs Hentie Cilliers om 14:30

Hoërskool Kroonstad: 15 Pieter Zietsman, 14 Johan Otto, 13 André Coetzee, 12 Jaco Enslin, 11 Neil Oosthuizen, 10 Phillip van der Heever, 9 Rene Eksteen, 8 Johan Botes, 7 Jonty Human (kaptein), 6 Pieter Hattingh, 5 Hennie Venter, 4 Marius Cronjé, 3 Johan van der Merwe, 2 Brian Meyer, 1 Francois Nel.

Hentie Cilliers: 15 Johan van den Berg, 14 Jaco Arendse, 13 Wynand Venter, 12 Hugo Pretorius, 11 Lushiano James, 10 Ryno Venter, 9 Algervon Ouman, 8 Reinhardt Snyman, 7 Lilitha Kambula, 6 Jaco Naudé, 5 Jason Bloemstein, 4 Gaylen van der Sandt, 3 Gustav Potgieter, 2 Marius Singleton, 1 Bobby Moleti.

AHS Kroonstad vs Welkom Gimnasium om 15:50

AHS Kroonstad: 15 Dirkie Coetzee, 14 Rudolph Mienie, 13 Luan Janse van Rensburg, 12 Reinhardt Erasmus, 11 Pierre Uys, 10 Francois van Biljon, 9 Pieter Esterhuyze, 8 Cloete Wessels (kaptein), 7 JP Nel, 6 Francois Reyneke, 5 Jandré van der Berg, 4 Jacques van Rooyen, 3 George Marich, 2 Wimpie Hattingh, 1 Everhardt Laing.

Welkom Gimnasium:
15 Josua Wesch, 14 Casper Haymans, 13 Jeremiah Tumane, 12 Sergio Prins, 11 Modise Motati, 10 Zander Schonken, 9 Mario Noordman, 8 Werner de Beer, 7 Peter Muller, 6 Kevin Badenhorst, 5 JC Wasserman (kaptein), 4 Hanru van der Westhuizen, 3 John-Otto Lonergan, 2 Rudi van Niekerk, 1 Jan Basson.

Deur Hannes Nienaber

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.